Wednesday, January 17, 2007

Comet McNaught

Comet McNaught oor die Weskus van Australie...



Sunday, December 24, 2006

Bush Fires!

Sowat 100m van waar ons bly, is daar 'n park wat vandag gedeeltelik afgebrand het. Dit is bosvuur seisoen en met die temperature in die hoë dertigs, het die vuur vinnig versprei. Die brandweer manne was binne 5 minute daar en het die vuur onder beheer gebring. Ek en Nien het vir hulle gaan koeldrank koop, waaroor hulle baie dankbaar was.










Monday, October 02, 2006

Uiteindelik...

Fotos!


Yanchep - so 50 cliks Noord van Perth. As ons 'n ekstra geldtjie kry, koop ons grond hier!



Ledge Point. Natuurlik wil ons hier ook 'n erfie koop. Lyk of ons boot besig is om in te kom.



Ek dink ons sal die huisie daar bo op die bult moet koop.



Ons motortjie se gatkant, op 'n grondpad iewers noord van Perth.



Morge en morge natuurskoon.



Nien staan en wonder wat 'n stukkie grond hier sal kos. Of miskien wonder sy waar sy kan piepie.


Tuesday, May 16, 2006

DIE WDONEIRLKE KARG VAN DIE MSNILEKE BIREN

Vlognes noavrsnig duer Cmabridge Uinverstieit, is die voglorde van die letres in 'n worod nie belgarnik nie, net solnak die eesrte en laatse leetr in die retge pelk is. Die res van die letres kan geksommel wees en jy sal nog sdtees die worod kan lees. Dit is omadt die biren nie ekle leetr lees nie, maar die worod as 'n geeehl.

Noagl mroese nê?

Saturday, April 29, 2006

SCHUMI.....!



Follow me to the edge
And follow me into the dream
And dance with me into the star fire
Like tonight is all there is
And make the leap of faith, and don't look down
Follow me to the edge
Passion for our wings...

Tuesday, April 25, 2006

Huisie by die see...

'n Paar fotos om memories terug te bring, my vrou...



Nien se gunsteling strand, Trigg Beach. Wilde dolfyne het voor ons baljaar en vis gevang 'n rukkie voor ek hierdie foto geneem het.



Rustig...



Rottnest Basin. Snorkel paradys!






Rottnest ligtoring met Perth in die agtergrond.



Geordie Bay



Een van die talle inwoners op Rottnest! Amper so groot soos my hand!

Monday, March 20, 2006

My nuwe scooter!

Of te wel, Nien se nuwe scooter! Dit sal haar vervoer wees wanneer sy hier aankom. Hopelik sal ek 'n kar he teen daai tyd.
Ek het Saterdag "ons" nuwe wiele gaan haal. Ongelukkig het die blydskap nie lank gehou nie, want die ding het gaan staan met slegs 2 kilos op die klok. Hulle het my darem 'n scooter geleen om oor die weg te kom. Vandag het ek haar gaan haal nadat hulle die "airlock" uit gebloei het. Wat dit ook al beteken?

Elk geval, nou is ek mobiel. En ek scoot die hele Perth plat!








Wednesday, March 15, 2006

Reel nommer 1:

Marlize het my weereens herinder aan die gevare van surfing, en wetsuit dra:

Sy sê:

MOET NOOIT...
OOIT..
OOIT..
OOIT..



IN 'n WETSUIT POEP NIE!

:)

Sunday, March 12, 2006

Update en fotos...

Ek gee gou 'n update en wys 'n paar foto's.

My eerste week in Perth was besig. Ek het die Sondag geland en die Donderdag 'n joppie gehad. Ek het die werk gevat omdat dit 'n element van fotografie bevat het. Die maatskapy vlieg regoor Australie en NZ, en neem lugfotos van die gebied. Dit word dan gebruik deur minerale myne, die weermag en bosbou instansies vir allerhande redes. Heel interesant. Ek en die vlieenier Chris het goed oor die weg gekom, maar hy het my so bietjie gewaarsku oor die politiek in die maatskapy. Om 'n lang storie kort te maak: ek en die bestuurder het twee dae later nie meer oog tot oog gesien nie, nadat ek hom vertel het dat hy besig is om my in te doen. Anyway, ek het darem 'n trippie Adelaide toe gescore, op sy onkoste :)

Die res van die tyd het ek spandeer om vir my 'n blyplek te kry. Dit is moelik sonder eie vervoer, en ek het ure op die Internet spandeer op soek na 'n plekkie.
Die noordelike voorstede van Perth is nuwer as die suidelike gedeelte. Alhoewel plekke soos Fremantle mooi is, het die huise baie instandhouding nodig. Iets wat ek nie nou voor lus het nie.
Vêrder noord [omtrent 30 km] is 'n plek met die naam van Mindarie. Wat 'n paradys! Ek reken Nien sal ook van die plekkie hou. Ek self sal nie omgee om daar te settle nie.
Na drie weke se soek en teleurstelling, het ek 'n gelukkie gekry. 'n Townhouse [soort gelyk aan ons sin in SA] in Scarborough. Ek het die advertensie perongeluk raak geloop en die volgende dag sommer soentoe gery om te gaan kyk. Daar aangekom, het 'n ouerige man my klaar voorgespring. Die eienaar was klaar besig om die finale reelings met hom te tref. Ek het maar geklop en sy het my deur die huis gevat. Ek het opmerkings gemaak oor die mooi fotos teen die mure, en hoe smaaklik die huis gemeubeleer is. Dit is net toe dat die ander kêrel die verkeerde move maak. Hy maak haar kaste oop en krap daarin! Game over! Ek kon sien dat sy nie daarmee impress was nie.
Drie ure later het ek 'n oproep ontvang en die goeie nuus gekry!

Dieselfde week het ek kort kontrak werk gekry by die Western Australian Main Roads. Ek werk heel lekker daar en kom goed oor die weg met almal. Hulle praat van permanent, maar slegs as een van die ander ouens, wat nou al 4 jaar daar is, dit nie vat nie. Tenminste maak ek 'n goeie indruk wat deure vir my oopmaak.


Ek het vir my 'n zebra gekoop by een van die markte. Mens moet darem so bietjie Afrika in jou huis he.


Die badkamer.


Eetkamer.


My eie kombuis. Met my eie potte en panne!


My eie stukkie see!


En my eie sonsondergang elke aand!


Pert vanaf Kings Park.


Chris, die vlieenier, doen pre-flight checks.


Refeuling.


Besig om die kamera na te gaan.


Ek, Chris die pilot en die Duitse meneertjie wat amper 'n pakslae gekry het.


Ek soek gewoonlik die vars produkte markte vinnig op!


Blomme mark.

Saturday, February 25, 2006

So terloops, daar is geen haai-nette nie...

Soos belowe, het ek vir "surfing" lesse gegaan. Alhoewel ek nog baie oefening nodig het [baie, baie], kan ek darem regop staan op 'n surfboard. Die branders by Lancelin strand is perfek vir beginers. Inplaas van branders wat net "dump", kan jy op 'n goeie dag "sets" kry wat "crumble". Dit beteken dat die brander jou nie dompel en dan net verdwyn nie, maar dat dit liewers rustige witwater vorm wat dit makliker maak om op te leer. Totdat ek regtig ordentlik kan surf, sal ek maar wegbly van die regte branders.
Ek gaan nou maar vir my 'n goedkoop 2de-handse bord koop en naweke surf. Boring, is dit nie?

Ons instrukteur se woorde net voor ons eerste les: "O ja, so terloops. Daar is geen haai-nette nie..."







Wednesday, February 22, 2006

Eerste fotos...


Hi almal Die eerste fotos van Perth. Scarborough Beach... Aiiii-jaai-jaai...
Hier kan ek bly...
Nien, begin solank pak, my skat...






Wednesday, February 08, 2006

PERTH...city of lights

Net 'n gou "G-DAY!" hier uit Perth om te sê dat ek veilig en happy is! Ek het lekker gevlieg en sommer 'n hele twee seats vir myself gehad.
Ek sal die blog update sodra ek die jet-lag uit my liggaam uit het en in die aand kan sit en tik sonder om aan die slaap te raak.

Dit was weer lekker om al my pêlle en familie te sien en geniet. Soos altyd, is die tyd te min.

En Nien, ek word net meer en meer lief vir jou...

Friday, December 09, 2005

G'day VPS...

G'day VPS.

Well, can you believe that three months has passed by since I left South Africa? It seems like only yesterday that I left for Australia. I'm glad to report that things are going well. I've acclimatised well to the Aussie way of life, but have to admit that I still miss certain things from back home, like the sound of the redeye bulbul [tiptol] that always sits on the TV antenna, and the howls of the guinea-fowl when they suspect danger. I also miss my wife very, very much...
Fortunately, I will be coming home to visit soon. I've decided that I'm going to give Perth a try aswell, but not before a well-deserved, one month break back home.

On the photography front, I've been pretty active with the camera whenever and wherever I get the chance. And when Johann gets to pay me a visit here in Sydney, then things really get busy, as I'm sure he has told you already! It was great to see a friend and fimiliar face again, and we spent all the time we could catching up on lost time. As usuall, time goes by too fast when you are having fun...
The only sin that I've committed here in Australia [apart from eating too much], is the amount of money I spend on photographic magazines.
Crickey, I probably buy two mags a week! I'm not sure how I'm going to get them all home!

I can see from the newsletter [which looks really spiffy] that more and more club members are going digital, and not giving up on photography because of the unfortunate demise of film. I say unfortunate because, in a way, it is sad, as future generations will never know the feeling of excitement of going to pick up your shots from the local lab. There is also something very satisfying about the smell of photographic chemicals, although I'm not sure that everyone will agree with me on that. I used to love the smell of the darkroom, and also the smell of a newely opened film cannister. Yep, those were the days...

Before I get too carried away, let me wish everyone a merry, merry Christmas and prosperous new year. My wish is that you get all the shots you hope for in the new year, and that you find an abundance of inspiration around every corner.

I will be paying the club a visit during January, so hope to see you all there!

Best regards and wishes
Donovan

PS: I've sent my "presentation" to Johann. Please bear in mind that I work off an uncalibrated laptop monitor here in Aus. I apologise if the shots appear under- or over exposed.

Thursday, November 24, 2005

Weerlig maak vir baba bang...



Dinsdag aand het ons 'n donderstorm ondervind wat my terug laat verlang het na die Hoëveld. Die reën is anders hier in Sydney as in Afrika. Dit voel en ruik net anders. Dis meer kus reën - dit sif fyntjies neer.
Maar Dinsdag aand was anders. Mense het die weerlig dop gehou vanaf hulle huise. Ek sien natuurlik die wêreld in terme van fotografie en kuns. Alles word skakerings of kombinasies van rooi, blou of geel. So, terwyl die res van Sydney in hulle huise en kamers gaan wegkruip het en soapies kyk, het ek die wonder daarvan probeer vaslê op digitale film. Ek moes 30 fotos neem om die een te kry. Nie te praat van die reën, weerlig en die spinnekoppe wat ek moes trotseer nie. Maar ek is gelukkig...