Onthou jy nog...
Ek werk nog hieraan, kort nog baie fine-tuning...
Onthou jy nog...
Maak toe jou oë…en gaan terug in tyd…
’n Tyd voor Internet en rekenaars...
’n Tyd voor die Scorpions en kokaiene...
Voor Playstation’s en Cartoon Network...
Gaan terug...vêr terug..
Terug na die tyd van weg-kruipertjie..
Giffie, touspring, handstands en wa-wiele totdat jy omval
Krieket in die agterplaas met ’n tamatie kas vir wickets
Albasters elke pouse met goens en milkies
Paddavissies vang daaronder in die spruit
Tennis in die straat en swingball langs die swembad
Die reuk van suntan lotion, warm teer en Oros
Wiekie Wicks bubblegum, 2 vir ’n sent!
Die roomys kombi se deuntjie wat elke Saterdag middag verby jou huis ry
Wag, onthou jy nog...
Toe om die hoek ver geklink het?
En dorp toe ry nog iewers was om te gaan?
En Ma altyd gese het dat ons moet dress vir die trip?
Bruin gebrande vel wat afdop
Spook asem, taai vingers en see sand tussen jou tone
Cowboys en Crooks, Touchers en King
Foefie slides en boom klim
Fiets ry skool toe – maak nie saak hoe sleg die weer was nie
Hardloop deur die park todat jou longe brand
Lag totdat jou maag seer word
Trampoline spring op die bed. Kussing fights.
Dronk word van tiekie draai
Onthou jy nog?
Toe waterballonne en kleilat moderne wapens was
Hoe ’n wasgoed pennetjie jou dikwiel bicycle soos ’n motorfiets laat klink het
Onthou jy nog die smaak van jelly uit die boks
Gekookte kondensmelk en Rice Krispies
Suiker en ENO’s gemeng om sherbet te maak
Die kafee op die hoek se lekker slap-chips
Toe dit nie vreemd was om meer as een beste maatjie te he nie
Toe 30 sent nog baie sakgeld was en jy van oor tot oor geglimlag het wanneer jy 5 sent opgetel het
Hoe die enigste gevaarlike wapens by die skool ‘n BIC pea-shooter was
En die enigste dwelms lemoen gegeurde vitamien C tablette was
Toe jy gevrees het vir jou lewe
Nie vir moordenaars of hijackers nie
Maar vir jou pa wanneer jy stout was
Toe dit normaal was om pak te kry by die skool, maar dat dit niks was teenoor die pak wat ’n stoute kind by die huis gekry het nie
En hoe ma jou altyd ’n drukkie kom gee het na die tyd
Onthou jy toe dit towerkuns was wanneer pa sy duim “aftrek”
Of oupa 10 sent van agter jou oor uithaal
Hoe opgewonde jy geraak het wanneer pa by die roadhouse stop
En hoe lekker dit was om milkshake te drink uit daai groot glase
Onthou jy hoe belangrike besluite geneem is met “eeny-meeny-miney-mo”
En hoe foute reg gemaak is met “Nix!”
Hoe jy altyd gewens het dat jy vinniger kon hardloop
En roomys een van die basiese voedsel groepe was
Onthou jy nog...


0 Comments:
Post a Comment
<< Home