Monday, September 05, 2005

Van hartseer, verlange na my vrou...en parfuum...

Dit is half 12 in Sydney. Ek dink ek is die enigste een wat wakker is in die stad. Ek kan nie glo dat 'n stad so groot soos Sydney, so stil kan wees nie. Geen toeters, geen sirenes. Ek is nou wel aan die anderkant van die hawe, in Kirribilli, maar naby genoeg om aan die stad te raak.
Sydney is nog net so mooi soos die laaste keer toe ons hier was. Ek weet nie retig of mens 'n stad van beton en staal mooi kan noem nie, maar tog is daar iets moois daaraan. Of ek oor 'n maand nog steeds so gaan voel, weet ek nie. Ek dink die groot yster brug word maar naderhand net dit, 'n groot ysterbrug. En die Opera huis. Ek wonder of ek en Nien Sarah Brightman eendag daar sal sien optree? Ek in 'n suit en sy in 'n aandrok uitgevat, met "good evenings" aan almal in 'n Aussie aksent, maar met skurwe Vrystaatse hakskene? Ek praat natuurlik van myne!
Maar wag, laat ek eers oor Dubai praat. Ek het Emirates soontoe gevlieg. Nou verstaan ek hoekom hulle se dit is die beste "airline". Die vliegtuig was mooi en nuut binne, alhoewel dit net 'n rukkie hou, want naderhand word jou gat so seer van sit dat jy begin wonder aan maniere om die mooi Arabiese lugwaardin te oortuig dat jy een of ander fit gaan kry as sy jou nie nou "first class" met hulle luxury seats toe skyf nie. Ek het aan toestande soos "trombose" en "seergatelitis" gedink om haar mee te oortuig. Ek dink nie dit sou gewerk het nie.
Die kos op Emirates is regtig lekker. Nou nie soos Nandos of Steers nie, maar in vergelyking met ander vliegtuig kos. Ek het 'n menu gehou as aandenking. Ek het vir my 'n Jack Daniels bestel, 'n enkel. Hulle ken nie van enkels nie. 'n Tripel is voor my neergesit. Ek het dit na 'n ruk terug gegee, en by lemoensap en Ginger Ale gebly vir die res van die vlug.
Ons het 1:30 am op Dubai geland. Terwyl ek by die trap afloop, het ek gewonder hoekom blaas die engine se warm lug ons kant toe, toe ek tot my skok besef dat dit die temp in Dubai is - 34 Celsius - half een die oggend! Die woestyn hitte is anders as wat ons ken. Dit voel soos warm water, dis hoe "tasbaar" dit is. Die comfort van die lughawe se aircons laat jou gou vergeet van die woestyn wat daar buite le.
Die Dubai duty free [DDF] is nie so great soos wat almal se nie. Ek het 10 ure gehad om na parfuum, horlosies, parfuum, juweliersware, parfuum, drank, parfuum, tjoklits, parfuum en elektroniese gadgets te kyk. O ja, het ek parfuum genoem? Ek wou vir al die girls by die huis parfuum koop, maar ek gedink om liewers die geld te spaar vir Oz, siende dat ek op 'n limited budget is. Dit is omtrent die heldfe goedkoper as in SA. Ek het vir Nien Jaun Paul Cartier gekoop - die groot bottel. By Edgars kos dit omtrent R800 'n bottel - in Dubai R450! Vir my Hugo Boss R500 by Edgars - by Dubai R180! Ek het ook vir my 'n horlosie gekoop. 'n Mooi Casio, sporty maar ook stylish, vir R300. 'n Swatch Irony, wat in SA R1000 kos, is so R600 in DDF. Ek wou vir almal 'n groot Toblerone koop, maar hoe de hel vervoer ek dit? Volgende keer, ek belowe. Die laptops is ook goedkoop, maar nie wat ek wou he nie. Ek sal in Sydney verder kyk.
So by 3:00 am het die honger my begin vang. Ek het 'n "Ultimate Burger" by een van die kos winkels ge-eet. Twee patties op Indiese naanbrood, met al die trimmings, en 'n Pepsi. Alles vir R30. Soos ek se, nie 'n King Steer nie, maar nietemin lekker.
Daarna het ek myself op 'n bank neergeplak en probeer slaap. Ek het vir 'n rukkie aan die fliek "The Terminal" gedink, maar my gedagtes het gou weer na Nien terug gekeer, en so het ek aan die slaap geraak.
Om 8 uur is ek wakker geruk deur 'n Arabier wat haar trollie teen my voet vas gery het. "Sorry", het sy gese terwyl sy wegloop. Ook maar goed so, want dit was tyd om in te boek vir die lang vlug Sydney toe. Die vliegtuig was vol Aussies. Dit was duidelik dat hulle by die huis wou kom, want toe die kaptein aankondig dat die vlug met 'n halfuur vertraag gaan word, moes jy hulle hoor vloek.
In JHB is ek vertel dat ek 'n "aisle" seat sou he, maar die donner het vir my gelieg. Ek het in die middel gesit, tussen 'n ou oomie en 'n skot. Gelukkig was daar dosyne flieks om van te kies. Ek het Hitchikers Guide gekyk - excellent! En dan ook weer Kill Bill - volume 1 en 2 - agter mekaar. Ek dink nou dat dit my favourite movie is.

Maar 14 ure later het ek op 'n nat en koue Sydney aangekom. Die vliegtuig het tydens die decent 'n doldrum gevang en omtrent 'n 100 meter geval - wel dis hoe dit gevoel het. Almal het geskreeu. Ek het begin naar word. Daar is 'n kamera voor aan die vliegtuig se neus, so jy kan die landing sien presies soos die vlieenier dit beleef. Ek het dit gelaaik. Jy kan die stad van 100 km af al sien, dan kom dit al nader, todat jy die landing strook sien.
Die laaste gedeelte van die vlug het my naar gemaak, so ek het 'n bietjie af gevoel terwyl ek vir my baggasie gewag het. Die Aussies is absoluut heilig op wat jy die land kan inbring. "Declare or Aware" is die gesegde. Ek het maar verklaar - die tjoklit wat Mir vir my gegee het en die medisyne wat Nien vir my gereel het.
Die paspoort dame het, nadat sy my one-way kaartjie gekyk het, my paspoort oopgemaak, die visa gestempel en met 'n glimlag gese "Welcome back to Australia, Mr Rouets". Van nou af sal ek my van as "Rou-ets" uitspreek, en dit dan net spel.
Ek moes geld omruil by 'n "local exchange", omdat daar nie 'n American Express was nie. $7 komissie! Ek sal Maandag by die poskantoor my tjeks gaan cash.

Ek het 'n trein "North Shore" toe gevat. Dit was weer vir my fantasties hoe dinge hier werk. Ek weet ek gaan altyd aan daaroor, maar dis great. Op die stasie was ek nie seker waarna toe om te ry nie. Sonder om te vra of selfs te soek vir hulp, het 'n beampte my genader, gehelp, die kaartjie vir my gereel en gese ek moet wikkel, want die trein vertrek oor 3 minute. En dit alles met 'n glimlag. Man, ek wens SA kon so gewees het. Se wat julle wil, maar die Aussies weet hoe. Op Miltons Point het ek afgeklim, en tot my verleentheid besef dat dit weer begin reen het. Ek se verleentheid, want ek is met 'n tas op wiele en 'n rugsak een straat op en een straat af, opsoek na my blyplek. 3 km se stap in die reen is nie snaaks nie. Ek het seker soos 'n boemelaar gelyk, want almal het my aangekyk. "Julle moere" het ek gedink. Die Aussies sal jou help as hulle kan, maar as jy in 'n voorstad rondloop met 'n tas, dan ignoreer hulle jou flat. Hulle loer vir jou, maar vergeet van hulp.
By die lodge is ek vertel dat ek eers 2 uur kan inboek, omdat die kamer eers dan beskikbaar sal wees. Dit was 9 uur! Ek het gehoop vir 'n bietjie simpatie, maar soos ek gese het, hulle voel vere. Ek het droe klere aangetrek, my luggage in 'n locker gebere en kos gaan soek. Die reen het steeds neer gesif, en gou-gou was my droe klere ook nat. "Dis my luck" het ek gedink. Ek het myself daaraan getroos dat dit goeie geluk is om iets nuuts in die reen aan te pak. Ek het aan my en Nien se troue gedink. Dit het gereen op pad Kaap toe, ek ook liggies daai oggend vroeg voor ons troue.
Yip, ek glo daaraan. Reen bring geluk.

Daar is darem 'n lounge hier by die lodge. So nadat ek 'n Chicken en Leek pie ge-eet het wat ek by 'n oulike deli gekoop het, het ek op die bank voor die TV aan die slaap geraak. Ek dink ek het gesnork, want toe ek wakker word, het van die mense my sit en aankyk. "Sorry, I'm tired" het ek in my slaap gemompel. Hulle het niks gese nie. Om 2 uur het ek my kamer gekry. Dit is nie baie groot nie, inteendeel, dis moer klein, maar dis skoon, warm en het 'n bed. Na 'n lekker stort het ek in die bed geklim en geslaap. Dit was salig.

More wag daar baie werk op my. My klere het so bietjie gekreukel, so ek moet stryk. Gelukkig is daar 'n laundry by die lodge. Ek moet ook Sydney toe om nog klere te gaan koop, en kyk vir 'n laptop terwyl ek daar is. Dan moet ek by die agentskappe uitkom. Dit gaan 'n besige dag wees.

Ek mis my vriende, my familie en my goed. Maar ek mis my vrou baie erg. Ek weet nou hoe baie sy vir my beteken. Nien, ek is innig lief vir jou. Ek is jammer ek dat ek jou alleen by die huis moes los, maar ek sal vir ons hier 'n plekkie oop werk, en vir jou die tipe lewe gee wat jy verdien en wat ek aan jou skuld.

Ek is nou hartseer, en gaan nou slaap.

More wag...

4 Comments:

At Monday, September 05, 2005 3:25:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hallo my liefste, jy laat my tjank. Ek dink nie ek het nog ooit soveel gehuil nie, maar dit is omdat ek vir jou bly is en baie lief is. Raai watter dokkies en flieks wys hulle op TV? JA, AIRCRASHES op elke @#$^& kanaal.
Ek het lekker met Antionette gepraat gister, Jacques vlieg Donderdag. Miskien moet jy vit Jaco `n SMS stuur en koebaai se.
Toe ons Vrydag terug kom van JHB was daar erg verkeer op die N3. Ek het via Germiston gery, toe ons onderdeur die Highway ry, net na Rand airport, die pad wat ek jou gewys het, het die karre nog gestaan.
Verder was dit `n boring naweek. Die wind waai erg en ons het `n hittegolf. By Ma-hulle in die Kaap sneeu dit op die berge.
Belinda het my geSMS sy wil he ek moet saam mat haar na `n Fairy fees toe gaan in Pretoria op 1 Oktober. Ek het gese dit sal lekker wees, nuwe ondervindings. Ek het ook vir haar gese sy moet vir jou engel se hy of sy moet na jou kyk. Sy het dit gedoen. So weet asb. baie engele kyk na jou. Jy is baie spesiaal en baie talentvol. Ek het gisteraand feetjie kaarte getrek. Vir jou kom daar Financil Flow en Take your opputunities uit. Ek kry Use your intuition en Communicate with your higher self uit. Sal maar `n bietjie mediteer. Mis jou baie baie baie. Sterkte vir more, dis nou my more, dit is nou 21:22 hier. Ek sukkel om te slaap so sal maar swot vanaand. Ek weet die sal goed gaan met jou, en dit is my intuisie wat praat en my higher kennis. Lief jou. (Ek sal vir Willem, Karin en Marlize en Nick laat weet van die blog.

 
At Monday, September 05, 2005 12:02:00 PM, Blogger D said...

Hallo Nien
Dit voel soos winter hier in Sydney. Ek het gestraand gevrek van die koue. Sal vandag vra vir 'n ekstra kombers.
Ja, dis goed dat jy die ander laat weet van die blog. Se vir hulle, hulle kan almal hier post. Dit sal lekker wees om van hulle te hoor.
Lief jou eindeloos.

 
At Tuesday, September 06, 2005 2:52:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Ek post maar anon omdat die ding te veel vrae vra as ek op ander maniere wil ingaan. Dit is Maandag aand, na sewe, en ek skryf nou maar eers vir jou. Het nou klaar met klas gemaak, Nanna put my uit agtuur op `n Maandag aand.
Hier is dit wraggies net boring dit wil nie eers reen nie, dreig net genoeg om my kar baie vuil te maak.
Dit gaan maar rof by die werk, ek probeer opvang.
Ma-hulle sien mooi blomme en daar is sneeu op die berge.
Sterkte met die werk soek, het ABC nou net verdwyn? Tipies jaag jou op `n knop vir niks. Kyk maar eers mooi voor jy sommer net werk vat. Onderhandel maar waar dit moontlik is.
Laat weet as jy `n laptop gekoop het.
Jy moet groente ook eet nie net junk nie.
Gaan nou slaap. Mis jou baie baie baie. LJB Jou vrou. Makiets moan baie ek dink hy mis jou, niemand wat hom verpes nie.

 
At Wednesday, September 07, 2005 1:30:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Lief, Johan wou weet hoe gaan dit hy wou vir die Foto Klub laat weet. Ek het laat weet jy stuur groete.
Ek het vandag my karlisensie gaan betaal. Dit het einde laas maand verval. Man het ek Afrika op sy beste weer ondervind. 20 mense staan en wag, 1 kassiere oop, 3 mense binne in, 1 ou wat 2 ander leer. Die ander 2 "dames" wat die ander kassiere moet beman is besig met `n grief teen die wit dame omdat sy maak of sy die Supervisor is. Maar ek het goeie vriende in die ry gemaak. `n Tannie van Deneysville en `n Oom en Tannie van Sasolburg. Hulle kinders het nie werk nie, toe is ek weer dankbaar vir ons lewens. (Ek het darem werk, grappie)
Sterkte met die werk soekery, hou maar uit tot jy `n goeie aanbod kry.
Se hallo vir die brug en die Opera House. Gaan nou nou met Ationette praat en hoor of sy hulp nodig het met Jacques. Hy vlieg van Durban af eers hiernatoe.
BLJ en mis jou baie. Ek het nog nie vandag gehuil nie. O, ja ek het `n haarafspraak by Valencia gaan maak. Toe ek my naam vir haar gee weet sy dadelik wie ek is. Sy het gese ek het `n oulike man en moet versigtig wees vir die girls in Oz. Sy moet ook vesrsigtig wees. Ja Ja natuurlik is ek jaloers, die girls daar beter oppas ek vat `n direkte vlug. BLJ.
Lekker slaap wanneer jy weer slaap. Ek gaan net nou slaap moet eers leer. Liefde jou vrou.

 

Post a Comment

<< Home