Monday, September 05, 2005

Die lewe in Oz...

Maandag hou vir my soveel nuwe discoveries in...
Ek sukkel nog 'n bietjie met die jetlag. Het 3 am gaan slaap en weer 8 am opgestaan, 'n stort gevang en toe gaan brekfis. Baked beans op toast met koffie. Ten minste sal my maag 'n kick start kry.
Die son skyn vandag, alhoewel dit nog reenerig lyk. Die meeue se geskreeu het al vroeg deur die venster gekom. So van 6 uur dan begin die ferries hulle toeters blaas. Almal is op pad werk toe. Dit voel vir my vreemd om self nie reg te maak vir werk nie. Ek dink geduurig daaraan.

By die ontbyt tafel het ek deur die koerant gegaan terwyl ek ge-eet het. Voorblad nuus word oordonder deur die krisis in Amerika. Die nasie is nie gelukkig met die Aussie Eerste Min. John Howard nie. Hulle se hy doen niks om gestrande Aussies in Amerika te help nie. Op die agterblad eis die nasie die Wallabies se koppe. Die coach se dat die span is besig om die nasie te drop. Hulle se niks van die bokke nie. Praat net oor hoe hulle teen die All Blacks verloor en watter skande dit is.
Ek het ook 'n paar advertensies gesien wat laptops verkoop. Die naaste rekenaar "superstores" is in Chatswood, sowat 10km uit Sydney. Ek het die trein soontoe gevat. Retoer kaartjie $3.
Ek dog Australia het nie shopping malls nie. Ek was geskok om 'n 4 verdieping mall in Chatswood te kry. Daar het ek 'n beef noodle stirfry gekoop by 'n chinese plek wat baie gewild gelyk het. Die "mild" chilli sous is definitief nie "mild" nie. Ek gaan nie weer vir daai trick val nie!
Die "mild" sous is met vrugte sap afgewas. Nien, jy sal uit jou vel spring oor die sappe hier! Vir $5 kry jy 'n groot sap. Jy se wat jy wil he, dan skil hulle dit voor jou en maak sap daarvan. Ek het lemoen, pynappel, peer, pomeloe [blood orange] en waterlemoen gevat. Lekker!
Ek het so bietjie deur die vars produkte mark geloop. Ek was verstom. Noem dit en hulle verkoop dit, vars en goedkoop. Hier kan ek bly! Dis my tipe plek.

Ek het vandag met een van die agentskappe gepraat wat miskien vir my iets kan reel. 'n 3 maande kontrak by New South Wales BusinessLink in Liverpool, een van Sydney se voorstede. Hulle soek iemand wat Novel ondervinding het, wat ek ongelukkig nie het nie. Sy se dat my Microsoft kennis goed is, so ek staan miskien 'n kans. Ek hou maar duim vas. Ek het vir my 'n Pay-as-you-go hier gekry. Agentskappe vra vir 'n telefoon nommer.
Ek het nog niks van ABC gehoor nie. Ek wonder...

My een voet het 'n blaas van al die loop. Ek dink gewigs verlies is op die kaarte. My jean sit al klaar los!

My telefoon is geaktiveer en ek is nou die trotse eienaar van 'n Aussie bank rekening. Alles in een dag. Die telefoon pay-as-you-go was 'n 5 minute storie. Die bank rekening by ANZ was 'n hele 20 minute! Tjek rekening, Internet banking, Internasionele oordrag fasiliteit. Die bankkoste daaraan verbonde? ZERO!. Ja julle lees reg. NIKS!

More moet ek verder aangaan...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home