Wednesday, September 07, 2005

Skroewedraaiers en blase...

Vanoggend sit die blase soos twee vet varkies vir my en loer. Hulle is strategies geplaas, op die bal van elke voet, suid van elke groot toon. Ek het besluit hulle moet gepop word. Sonder 'n speld of soortgelyke tool, het ek maar op die einde besluit op die skroewedraaier wat ek gelukkig ingepak het. Sonder enige moeite is hulle nou gepop en toe gepleister. Ek dra vandag my tekkies. Hulle is sagter.

By die ontbyt tafel het ek 'n aksent gehoor wat ek onmiddelik erken het. Daar het ek vinnig twee ouer dames genader en gevra of hulle miskien Afrikaans is. "JA!" het hulle geskreeu. Hulle is dokters van die Kaap en woon 'n seminaar by hier in Sydney. Ons het vir 'n lang ruk lekker sit en Afrikaans praat. Dit is hulle eerste trippie Australia toe, en se dat hulle goed kan verstaan hoekom Suid-Afrikaners hiernatoe emmigreer.

Na ontbyt het ek maar die pad gevat Chatswood toe vir Internet access. Die Internat kiosk by die lodge is te duur, en dit werk nie baie lekker nie. Dit kos $2 vir 15 minute. By Chatswood kry ek 'n uur vir $2, maar dit kos my 'n $2 trein kaartjie om daar te kom! Ek verkies dit, want dan kan ek doen wat ek wil op die rekenaar [soos Word, Excel ens]. Al setback is dat die Chinese kinders hier sit en games speel. Hulle vloek en skreeu verskriklik. Hulle dink hulle is moer koel. Ek kan verstaan hoekom die Aussies hulle so verpes. Ek verpes hulle ook al klaar. Ek sit oorfone op en luister na die musiek wat op my Flashdisk is. Lekker ddisselblom en Koos en ander Afrikaanse musiek. Ek het ook klaar uitgevind dat daar 'n Internet cafe in Kirribilli is. Ek moet hom nou net gaan soek.

Nien, jy moet vir die vrinne en Mir en Ters en Antoinette ens se dat hulle vir my moet skryf hier op my blog. Ek wil graag van hulle hoor en verlang baie.
Jy hoef ook nie te worrie oor dat ek net junk food eet nie. Ek het vir my bulk yoghurt en vars vrugtesap gekoop by Coles. Ek drink ook elke dag 'n groot vrugtesap wat hulle maak van vrugte wat jy self kan kies. Ek het al 'n kilo verloor.
Ek begin nou ook al die winkels hier ken:
Pick & Pay = Coles
Edgards = Myers
Woolies = Woolies [maar nie so grand. Hulle vars produkte is great]
Mr Price = Target
Nandos = Nandos
KFC = KFC

2 Comments:

At Thursday, September 08, 2005 1:13:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Lief, jou Nadine CD het gekom,maar sy soek geld, R 100.00. Het jy haar nie al klaar betaal nie? Laat weet maar.
Daai nommer is nog nie hier, sal elke dag opvolg.
Bettie het gisteraand ge SMS toe bel ek haar sy wou weet hoe gaan dit met jou. Was baie bekommerd dat jy nie plek het om te slaap nie. Hulle stuur liefde en groete.
Het gisteraand met Antionette gepraat, Jacques vlieg more. Sy se haar werk is lekker en dit gaan goed. Sy stuur ook liefde.
Barend verjaar more, Donderdag. Ons gaan Saterdag soontoe vir potjie, dit sal nie diesefde wees sonder jou nie. Ek mis jou baie, het gister nie gehuil nie, maar tjank vandag. My hart is fisies seer. Ek wens ek kan jou net een aand by die huis he. BLJ. Moet nou ongelukkig Onderys reg leer, ja baie baie boring. Mis jou baie. Jou Vrou.

 
At Friday, September 09, 2005 8:34:00 AM, Blogger D said...

Hi Hien
Ek het haar nog nie vir hierdie cd betaal nie. Het sy bank besonderhede gelos? As sy het, mail asb vir my, dan kan ek betaal.

As jy weer met Bettie-hulle praat, stuur asb ook groete.
Jacques moet seker excited wees? Ek dink hy sal goed doen. Hy moet net fokus.
Stuur asb vir Barend my geluk wense. Is hy al terug van die States? Ek neem so aan as julle daar gaan partie hou Saterdag aand. Stuur my groete en liefde vir almal daar. Se vir hulle dit gaan goed en hulle moet vir my boodskappe los op my blog. Hulle is te stil. Se vir Willem hy moet 'n Olofbergie drink vir my. Ek sal aan julle dink Saterdag aand.

Jy moenie soveel huil nie, jong. Jy moet sterk wees en weet ek mis jou baie. Ek sit die heel tyd en wonder of jy ok is.
Alles gaan goed hier en ek begin nou in die swing van dinge kom. Soos ek gese het, ek gaan vandag vir ' prelim. Hou maar duim vas. Ek dink ek sal binnekort regkom. Hier is baie permanente werk, maar ek wil nie perm gaan as dit nie absoluut is wat ek wil he nie. Ek wil nie myself in 'n posisie sit wat ek later spyt gaan wees oor nie. Ek sal liewers kontrak werk vat sodat ek weer Desember by die huis kan wees. Of tenminste Maart- April.

Jy moet vir my skryf as jy so hartseer is. Dit is 'n goeie uitlaat punt. Weet dat ek jou baie mis en nie kan wag om jou weer te sien nie. As dit 'n lang kontrak is, dan moet ons plan maak om jou oor te vlieg.
Ek mis jou vreeslik en is baie baie lief vir jou.

 

Post a Comment

<< Home