Thursday, September 08, 2005

Mobiles en laptops...en prelim onderhoude...

Ek het vanoggend wakker geword en 'n missed call op my "mobile" gehad [dit word hier 'n mobile genoem]. Dit het seker gelui terwyl ek geslaap het.
Na brekfis het ek die Internet cafe in Kirribilli gaan soek. Dit was al die tyd net om die draai. Hier vra hulle $3 vir 'n halfuur, en dan spaar dit my ook 'n trein kaartjie, so ek is happy. Dit bly ook tot 9 uur die aand oop.

Daarna is ek in stad toe. Laat oggend het ek 'n oproep ontvang van een van die agentskappe. Hulle wil he ek moet more [Vrydag] kom vir 'n prelim onderhoud. Die onderhoud is om 11 uur. Ek moet nou my suit regkry en my hemp stryk. Ek het ook gekyk vir 'n das, maar sal more verder kyk wanneer ek my suit aan het. So sal ek beter kan judge. Die das modes hier is bietjie anders as in SA.

Dan het ek ook reg gekom met 'n laptop. Ek het toevallig verby 'n "computer superstore" geloop wat 'n special aan die gaan het. Presies wat ek wou he. 'n Asus laptop. Dit het my $1500 gekos. Moenie dit terug werk Rande toe nie. Dit klink nie goed nie. Nien, stadig met die krediet kaart totdat ek werk gekry het :) Maar ek is nou bly. Nou kan ek weer begin swot en kyk of ek daai verdomde eksamen kan deurkom. Ek is nog steeds vies daaroor.

Ek gaan ook kyk of ek nie by 'n goedkoper plek kan intrek nie. Ek het klaar ander plekke besigtig, wat R500 'n week goedkoper is, ook hier in Kirribilli. Dit sal ons R2000 'n maand spaar!

Sondag is die Sydney Marathon. Die hele stad word toe gemaak daarvoor. Selfs die brug. Ek hoop nie dit reen nie, want dan kan ek 'n paar fotos neem.

Anyway, laat ek gaan stryk. More gaan 'n besige dag wees.

Mis jou Nien...LJBBBB...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home