Saturday, September 10, 2005

Saterdag oggend in Kirribilli...

'n Paar Fotos van die area waar ek woon - Kirribilli.
Kliek op die foto om dit groter te sien.

Dis hoe Sydney gelyk het die Sondag wat ek hier aangekom het - nat en reenerig:





Seuns speel footy onder die brug, terwyl dit reen!




Sonsopkoms in Kirribilli. Pragtig!




Die Kirribilli Wharf, slegs 100m van waar ek woon. Nien, jy sal presies weet waar dit is. Ons het soontoe gery met die ferry, en toe daar afgeklim. Onthou jy?




Ek sal meer fotos upload sodra ek kan. Gaan na my foto site om die hoe resolusie weergawes van hierdie fotos te sien. Click op die link wat se "My Pix".

More [Sondag] trek ek uit Glenferrie lodge uit. Ek het die ander lodges bietjie gaan uitkyk. Ook maar goed so, want die een wat ek eerste by was, was terrible. Gelukkig het ek reg gekom by 'n plekkie nie ver van Glenferrie af nie, en wat $100 goedkoper is.

22 Comments:

At Sunday, September 11, 2005 4:17:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Lief,
Kom nou van Barend hulle af. Ons almal het jou gemis, ek het die blog geprint en saam gevat. Willem het die papiere gevat. Hy vra vir `n e-mail adres want hy het nie internet, ook nie by die werk nie. Almal se jy moet `n boek begin skryf. Karin het amper `n halfuur gelees, want sy het oor en oor gelees. Almal stuur groete.
Ma-hulle is by die huis. Pa het die Camry se exhaust afgery, (No surprises there)hulle se dit was lekker maar hulle is baie moeg.
Marna en Tiaan stuur ook groete.
Soos ek gese het ek was Spinning toe, maar tussen Barend se potjie en Karin se brood is ek so dik soos `n Blow fish. Die tuin lyk ook beter ek het begin om die klippe uit te gooi, maar was te moeg om klaar te maak.
Willem het sit en planne uitwerk hoe ons gaan F1 kyk in OZ.
O ja, jy moet oppas vir die Oz meisies jy gaan moeilikheid by jou vrou kry. Sterkte met die werk soekery. Hou maar uit tot jy `n goeie een kry. Stuur meer foto`s, van die hele area. Wanner gaan jy Bondai toe? Daar is ook mooi foto`s.
Groete vir eers ek gaan slaap nou. Ek sukkel maar om sonder jou te slaap. Die bed voel nou te groot. BBBBBLJ. Jou Vrou

 
At Sunday, September 11, 2005 3:12:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi Donovan!!

Het ook gisteraand by Barend-hulle jou blog gelees wat Nien geprint het en baie geniet. Goeie idee dat ons nou so saam kan gesels en almal se comments kan lees. Jammer oor DIEGENE wat nou nie internet het nie ;-)

Ai, ek is ook nou sommer skoon tranerig so op 'n Sondagmore, sorry, ek het nie bedoel om al julle persoonlik korrespondensie te lees nie, maar kon nie help nie ;-)

Ons mis jou almal ou Don, maar is bly dat dit goed gaan met jou daar. Gisteraand se party was lekker, maar somehow net nie dieselfde nie.

Ons hou almal styf duim vas dat jy die regte job gaan kry. Kyk mooi na jouself. Ons sal diékant 'n ogie oor Nien hou, saam met die family.

Sal gereeld hier op jou blog kom inloer!

Liefde

Marlize

 
At Monday, September 12, 2005 1:17:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Marlize, ja ek moet miskien minder persoonlik op die plaaslyn wees, maar sjoe ek mis my man. Dankie vir die comments ek sal maar vir Willem hierna toe moet bring dat hy kan skryf.

 
At Monday, September 12, 2005 1:32:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Donovan: Nee julle mag nie lees nie. Lief, jy sal vir my jou e-mail adres moet stuur ek raak te persoonlik, grappie. Antionette het nou net gebel. Ek het die blog se adres vir haar gegee so ek dink hulle sal ook begin chat. Sy het nog niks van Jacques gehoor nie, maar sal my more laat weet. Ek sal jou laat weet. Boring dag gehad, na Ma-hulle toe vanmiddag. Ons moet regtig eendag as ons groot is na die blomme gaan kyk. Jy sal foto`s neem dat jou oe seer word. Selfs Ma het mooi foto`s geneem.
Ek kyk Carte Blanche en hulle vat die selfoon maatskappye aan oor die hoe tariewe, ek dink nie dit sal help nie. Lyk my daar is meer "transparency" in OZ.
Ons het nog nie reen gekry nie, ek moet nou maar oggend en aand water gee.
Makiets se hallooo, ja hy moan nog steeds so erg.
BLJ MJBBBBB. Dankie dat jy vanoggend gebel het dit was lekker om jou stem te hoor, jammer ek het getjank maar dit wys darem ek is baie baie baie lief vir jou. Sterkte met die werk soek, ek weet jy sal reg kom, my Higher Self weet dit.
Miskien moet jy die baie persoonlike comments uithaal voor die hordes dit lees (Marlize mag maar). BLJ Praat weer more. Jou Vrou wat baie na jou verlang.

 
At Monday, September 12, 2005 11:21:00 AM, Blogger D said...

Hallo julle almal!

Nee wat, ek is nie geworrie oor die plaaslyn nie. Julle weet mos ek is lief vir my vrou. No worries!

Marlize, hoe gaan dit met jou? Ek is bly dat ek weer van my pelle kan hoor. Ek mis julle vreeslik. As julle so praat van party dan wens ek ek kon daar wees om saam te lag en te kuier. Dankie vir die good luck wishes, ek het dit nodig!

Nien, jy sal maar elke naweek 'n blog party moet reel sodat die pelle kan kom blog.

Ek sien Kimi het die GP gewen? En Michael het iemand in 'n Minardi teen die kop geklap? hehe

So pa het die Camry se exhaust afgery? Hoekom is dit vir my nie 'n moerse surprise nie? Solank hulle dit geniet het en veilig terug is. Jy is reg Nien, ons sal moet gaan kuier vir die blomme.

As jy klaar is met die tuin, dan moet jy 'n foto neem en dit hier post. Ek sal graag wil sien hoe dit lyk. Laat net weet wanneer jy reg is dan vertel ek jou hoe om te post.

Jy hoef nie te worry oor die Oz girls nie. Hulle is regtig nie my styl nie. Ek dink ook nie hulle stel veel belang in 'n Vrystaatse emigrant nie. Nee wat, ek is happy soos ek is, dankie.
Ek was nog nie Bondi toe nie. Die strand is die laaste ding wat ek nou op my mind het. Maar ek wil graag Blue Mountains toe gaan. Ek hoor dit is baie mooi daar. Anyway, dit is vir later, en hopelik wanneer jy saam is.

Stuur asb groete daar vir almal. Dit was 'n goeie idee om die blog te print en vir almal te wys. Ek hoop net hulle post so nou en dan.
Laat weet as jy iets van Jacques hoor. En se vir Antoinette en Nick hulle moet hier post. Ek sal graag van hulle wil hoor.
Stuur groete vir Makiets.

L+MJB! O ja, ek hoor dat jy 'n foonkaart hier kan koop, en dan internasionaal kan bel vir baie goedkoper. Ek sal bietjie investigate.

Praat gou weer.

 
At Monday, September 12, 2005 5:53:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Rooftogte, vliegtuie wat val en bomme. En dit in 5 dae, in Vereeniging.

Laasweek Donderdag het daar 5 $&^$^$%#$ by River Square ingestorm met AK`s en die Juweliers winkels beroof. 3 is gevang, maar 2 het weggekom. `n Sekuriteitswag is dood geskiet. Ja, dit is ons LOCAL mall. Saterdag het daar `n vliegtuig geval by die Vereeniging se lug skou, 2 pilots dood.
En vanoggend, `n rustige Maandag oggend wil ek Nadine se geld gaan inbetaal, toe ek inloop loop die hele winkel uit. Dit is Incredible corruption, Wimpy en die hele lot se mense, want daar is `n bom in die Mall. Wat nog? Ek bet jou Oz is baie meer boring as dit, mis jy nie Afrika nie? Ja, ek sou ook nie. Hulle gaan nou vir die soft targets. Die hele Johannesburg se malls is ook oorval deur die ^%$^*&^%@@ spul barbare. 4 malls in een uur aangeval, verskillende groepe natuurlik. Divide and concur, die polisie weet natuurlik nie waarheen om eerste te gaan nie.
Maar ek is OK, want Afrika maak jou mos tough.
Daarsy nou voel ek beter. Moenie worry jy weet dit klink erger as jy in `n ander land is. BLJ. Praat more weer.

 
At Monday, September 12, 2005 8:08:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Liewe hemel Nien, gelukkig bly ons in die vrolike Vrystaaat en nie in die gevaarlike Gauteng nie!!

Hi Don, dit gaan goed hier en met my ook. Het nog altyd gedink as ek die Lotto wen sal ek my pelle op 'n oorsese vakansie vat. Nou wéét ek hulle sal nie 'n sê hê in waarheen ons gaan nie, ons gaan Oz toe! (sal net moet sorg dat daar nie Grand Prix aan is daai tyd nie, anders weet ek nie wat ek met myself gaan aanvang terwyl julle almal daaaar is nie! ;-))

 
At Monday, September 12, 2005 8:11:00 PM, Anonymous Anonymous said...

O, en ek sien jy's nie meer Janine nie, jy's nou anoNien
;-))

 
At Tuesday, September 13, 2005 2:44:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Liefie, Jacques het 2 goue medaljes gekry. (Vir die wat nie weet nie, dit is Donovan se sussie se kind wat Ierland toe is vir die wereld kampioenskappe. Hy is dus `n Wereld kampioen X 2.)
Kat wil saampraat, "yg76gy" hy loop op die keyboard, ja ek het hom weggejaag.
Ek gaan nou slaap. Ek is baie lief vir jou. Laat weet maar waar jy gaan Pizzas aflewer volgende week, en nee geen oujong nooiens nie. BLJ.ty, dit is Kat se boodskap. MJB

 
At Tuesday, September 13, 2005 10:01:00 AM, Blogger D said...

Nee wat, ek dink julle moet maar almal oppak en hier kom bly.
Julle moet asb julle self oppas. Nien, jy weet hoe ek jou geleer het. Ek worry elke dag dat jy die deure ooplos en nie alert is nie. As jy iets suspicious sien, dan weet jy wat om te doen. Wees asb versigtig.

Ek is ecstatic oor Jacques! Dit is fantasties! Se asb vir hulle om hier te skryf. Ek wil graag met hulle praat.

O ja, moenie dat die kat op die tafel loop nie. Hy slaap op die keyboard! Zero tolerance, hoor julle!

 
At Tuesday, September 13, 2005 3:19:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Don, hier is nog 'n paar binary jokes

http://en.wikipedia.org/wiki/Binary_numeral_system#Binary_jokes

Is daar 'n makliker manier om te sien as daar nuwe comments is, as om na die post te gaan waar mens onthou daar laas comments was en daar te kyk?

 
At Wednesday, September 14, 2005 2:42:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Marlize, jy is net lui, jy moet soek. Dit maak dit intressanter.
Bye

 
At Wednesday, September 14, 2005 1:28:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hey!! Ek is net bang ek mis uit op iets wat miskien dalk iewers vêr agter geplaas is..
;-)

Ja, waar is An en Barend en Karin en Mariëtte en Mir en Ters en Willem?

Ek sal sommer nou vir hulle email stuur.

 
At Thursday, September 15, 2005 3:01:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Koeks,

Marlize het by haar woord gehou, sy het vir almal `n e-mail gestuur en hulle op gekommandeer. Dankie vir die SMS. Ek het `n maag bug opgetel en voel baie mislik.
Sterkte daai kant ek bid vir jou en dink baie aan jou.

Bye

 
At Thursday, September 15, 2005 1:31:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Nie dat dit sover enigsins gehelp het nie...

 
At Thursday, September 15, 2005 5:47:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Marlize, veduidelik nou mooi. Help my bid nie of is dit die maag bug wat my nie maerder maak nie????

 
At Thursday, September 15, 2005 6:54:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Sjoe, wys jou hoe vinnig 'n misverstand kan insluip! Ek hôôp die bid werk en die bug verdwyn gou (of help dan ten minste vir die maerword in die tussentyd), maar ek het verwys na my email wat nog g'n niks gehelp het nie!!

 
At Friday, September 16, 2005 8:02:00 PM, Blogger D said...

Hehe
Ek stem saam. Marlize se e-mail het sover nog niks gehelp nie. Willem hulle sal maar moet gaan kuier of by 'n Internet cafe uitkom. Miskien wil hulle maar net nie met my praat nie?

 
At Monday, September 19, 2005 11:48:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi Don

 
At Tuesday, September 20, 2005 12:10:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Don - again. Sukkel maar met die internet gelettertheid.
Ek val nou sommer maar hier in nadat ek eers 'n booboo gemaak het en myself beperk het tot 300 woorde. (doen nou alles oor!!)
Wat moet ek doen om my naam te verander van Annonymous na Willem toe?
Hoe sleg laat jy my voel met jou komment dat ek dalk nie met jou wil praat nie!! Ek het darem vandag ekstra moete gedoen. Ek het aangebly na werk om op my baas se rekenaar vir jou te mail. Dink dalk in die toekoms sal 'n internet cafe makliker wees, of dalk moet ek voor my baas by die werk wees?
Wanneer kom kuier jy vir ons, dan hoef ek nie so te sukkel met die lektroniese gekuierry nie?
Ek het nou - nou gesit en dink miskien moet ek myself oor beem vir 'n sigaartjie en 'n dop.

So van die GP gepraat. Jy ondersteun seker volgende jaar vir Webber? Dis nou indien jy patrioties wil wees nê?
Barend en ek gooi Woensdagaan weer bietjie pyle. Sal maar 'n doppie drink op jou.

Nou ja, eers genoeg vir nou.
Marlize, as jy hierdie dalk lees, sal jy asb Don se comment vir my mail?

Don, ek sal plan maak om meer gereeld in te log.
Sterkte down under. Ek hoop jy kom sommer gou reg met 'n lekker doppie.

Cheers
Willem

 
At Tuesday, September 20, 2005 12:16:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Anonymous again again
Ek het nou eers my publikasie geproeflees (PUBLIKASIE-...laat my voel soos 'n beroemde skrywer..) en wil net een regstelling maak (nee, nie al die spelfoute nie) :
My heel laaste sin moet eindig met joppie en nie doppie nie...maar drink in elkgeval maar 'n doppie op die toekomstige joppie!!

 
At Tuesday, September 20, 2005 3:19:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi Don! Ek sien dit het gewerk (my email bedoel ek, haha)

Ek het nogal gedink as jy reageer op Karin se boodskap sal ek dit weer vir haar email en ek sien nou Willem vra dit ook, maar jy sal bietjie moet help met hoe ek dit doen.

Was nogal altyd 'n secret desire van my om 'n poskantoor antie te wees en briewe heen en weer te pos!

Goedgaan en sterkte met die jobsoekery. Ek geniet ook nog steeds diékant jou skrywery en jou foto's is ongelooflik!

 

Post a Comment

<< Home