9 to 5...
Vrydag het ek my laptop gekry. Splinternuut uit-die-boks. Hulle is ook nie skaam nie. Dit is nogal 'n HP met al die trimmings - DVD writer, wireless internet, bluetooth en 'n grand sak. Ek is heel impressed. En dit als 'n dag nadat ek begin werk het.
Vrydag om 3 uur is ek heel vinnig beveel om op te hou werk en na die "social area" te gaan. Daar het my nuwe baas my 'n bier aangebied. Soos julle weet deel ek nie dieselfde entoesiasme wat ander mans het wanneer dit by bier kom nie. Gelukkig was daar rooiwyn asook Pepsi. Ek het 'n Pepsi geneem. Die Indier waarmee ek saam werk is ook nie 'n drinker nie, so hy was heel bly om agter te kom dat hy nou nie meer hoef alleen Pepsi te drink nie.
My bek het oop gehang toe hulle 20 bokse pizza daar aan gebring het. Na twee stukkies Pizza en 'n Pepsi het ek verkas.
Saterdag was 'n lieflike dag. Dit was lekker warm, en die koel briesie het so elke nou-en-dan saggies oor die baai ingewaai. En daai tipiese kus reuk het dik in die lug gehang. Maar ek is stad toe om te gaan klere koop vir die werk. Na twee ure se gesoekery, het ek die klere soektog gelos. Die stad is te duur. Ek het besluit om die volgende dag Chatswood toe te gaan. Dit is buite die stad en het 'n shopping mall, en is ook goedkoper.
Ek het die ferry terug Neutral Bay toe gevat. Op pad terug het ek weereens die soete klank van Afrikaans oor die laat middag windjie erken. Nie ver van my nie het 'n Suid Afrikaanse paartjie sit en gesels. Gou-gou het ek saam begin gesels. Hulle is ook maar net 4 maande hier, en kom vanaf die Kaap. Hein is 'n prokereur en sy vrou is 'n fisio-terapeut [of so het ek afgelui]. Hulle bly in Mosman, wat langs Neutral Bay is. Mosman is 'n lieflike area en het van die mooiste uitsigte oor die baai. Almal is so ingestel om 'n plekkie te kry wat oor die stad uitkyk. As jy die brug en die opera huis kan sien vanaf jou blyplek, dan is dit glo grand. Wie wil in neon verligte beton vaskyk wanneer jy op 'n Sondag oggend jou gordyne oop trek? Ek sal veel eerder in Mosman wil bly wat oor die baai uit kyk. Baaaie mooier volgens my.
Elk geval, hulle het gese ek moet kom kuier en braai.
Sondag is ek toe Chatswood toe om klere te gaan soek. Daar het ek vinnig reg gekom en vir my 3 hempde gekoop. Natuurlik die "easy-iron" tipe. Gooi dit in die was en hang dit op na die tyd. Minimum stryk werk nodig.
Ek het ook vir my 'n TravelPass gekoop. Dit laat my toe om vir die hele week op enige bus, trein of ferry te ry so veel ek wil. Dit kos $40 en werk baie goedkoper uit as om elke keer per trip te betaal. Byvoorbeeld, die trippie North Ryde toe [waar ek werk] kos $11 retoer per dag [$5.60 vir die trein en $5.40 vir die bus]. Dan wanneer ek stad toe wil gaan, kos die ferry my $9.40 retoer. So, $11 per dag werk toe en $9.40 stad toe op 'n Saterdag of Sondag kos my omtrent $65 per week. Die $40 TravelPass spaar my baie, en dis unlimited travel.
Ek vat nou ook my eie lunch werk toe. Ek koop volgraan brood, koue-vleis [hoender] en organic bok-kos. Dan gooi ek so bietjie sweet-chilli sous by net om dit na die volgende vlak toe te neem. Dit sal seker vreemd wees vir die ouens by die werk, want almal koop take-aways daar. Die "medicine man", soos hulle hom noem, kom elke oggend 10 uur, 2 uur en 4 uur verby met sy trollie vol take-aways. Dit is enige iets van lasagne tot bagels met ham en tamatie op. Ek vat liewers my eie kos, want dis goedkoper en gesonder.
Ek gaan probeer om vroeer op te staan en 7:30 te begin werk, want dan kan ek 15:30 tjaila. Lekker vroeg!
By Dirt Cheap CD's het ek vir my Nancy Sinatra se greatest hits gekoop. Ek kry mos so nou en dan 'n weird swing om musiek te koop wat ek nie eintlik ken nie. Ek het dit eintlik gekoop vir die song "Bang Bang", wat die fliek Kill Bill se tema liedjie is. Dit is 'n mooi CD. Lekker easy listening musiek.
Nien se vir my dat dit vreeslik warm is by die huis. Ek kyk so nou en dan SA nuus hier op die Internet. Lyk my daar is 'n hittegolf nou daar? Dis seker lekker warm in die aande dan?
Anyway, ek sal later weer skryf.
Mis julle almal.
Nien, l+mjbbbbbbbb!


10 Comments:
More Don. Wel vir jou seker al middag. Ek vermoed jy's effe moeg vandag indien jy die GP gekyk het. Julle het dis mos Vanoggend vroeg gesien??
Nou's ou Schumi ook nie meer champ nie. Jy sal my nie glo nie, maar somehow voel ek half jammer vir hom. Can you believe it!....
Weet jy, ek dink om in 'n nuwe land aan te pas is emosioneel soos om oor iemand se afsterwe te rou. Dit vat na bewerring 18 tot 24 maande om iemand se dood te verwerk. Ek dink dit moet omtrent dieselfde wees om jou land te verlaat. So wat ek eintlik probeer sê is dat jy dalk op hierdie stadium emosioneel dink oor alles. Met tyd sal dit al hoe maklikker wees en sal jy ook al hoe meer deel voel van die nuwe land. Ek dink nie jy moet nou al worry oor bly of terugkom nie. Enjoy net die nuwe experience. Die lewenservaring wat jy nou opdoen is goud werd!
Sjoe, vanoggend voel ek lus vir kuier. Dis sommer tos (jammer dis al woord wat sin maak) dat Aus so ver is!!!
Ek gaan via Annemarie se password en internet setup probeer om internet op my rekenaar te laaa, dan hoef ek nie so vroeg in te kom om met jou te klets nie.
Ek het Vrydagaand saam met 'n paar ou werkskolegas na Murgpyp gaan kyk. My vrou wou nie saam gaan nie, sy reken dis common musiek.
Marlize was bereid om saam te gaan, maar het ongelukkig reeds 'n date gehad. Mens kan ok nie eers meer op die single girls staatmaak vir 'n date nie!! Van al ander pelle is ek seker jy sou saam gegaan het en dit net so geniet het soos ek. Ek weet nie hoekom nie, maar ek is hooked on Murgpyp!
Nouja ou pel, ek gaan maar eers baai sê. Ons mis jou baie en sien uit na jou eerste kuier!
Cheers!!
Hi Don, klink of jy al lekker ingeburger raak.
Ek het nog laas 'n ou in Malawie ontmoet wat in Sydney gebly het. Weet nie of hy nog daar is nie, maar laat weet maar as ek dalk sy adres moet opspoor. Ek het nog kontak met sy familie wat in Melbourne is. Dis nou as jy dalk nog 'n Aussie kontak soek, maar klink my so al jy kom reg.
Ek sien daai Anonieme pel Willem van jou gooi so 'n paar wilde skimpe. Sê asb vir hom hierdie single girl sê, hy moet onthou ons single girls kan nie stilsit en wag dat getroude mans dalk 'n aandjie uit gaan hê sonder vroulief nie!!! ;-)))))
Mooibly Don, ek dink baie aan jou.
Hi Willem en Marlize.
Wils, ek kon ongelukkig nie GP kyk nie. Dit wys op 'n kanaal wat hulle nie hier het by die plek waar ek bly nie. Maar ek het vanoggend oor die nuus die highlights gesien. Ja wat, ou Schumi sal seker hierdie seisoen vinnig wil vergeet. Ek sien ook ou DC het weereens die grid tot 'n stilstand gery? Die A1GP kom Aus toe in November. Ek wil bietjie kyk of ek miskien die race kan gaan kyk. Weet net nie hoe duur dit gaan wees nie. Het jy die A1 crash gesien?
Jy is 100% reg met die aanpassing. Miskien moet ek die experience meer geniet en minder daaroor worry. Ek kom goed oor die weg met die mense hier. Die moelikste is om dinge sonder Nien te doen. Ek mis ook my vriende en om te kuier. Al is dit net koffie drink, maar ek sal wat wil gee om nou 'n naweek saam met julle deur te bring. Hopelik wanneer ek my oe weer uitvee dan is ek daar vir 'n lekker bymekaar kom.
Ek sukkel maar ook sonder direkte Internet access hier. Alhoewel ek access by die werk het, sal ek graag ook na-ure hier by my blyplek access wil he. Wireless access is beskikbaar waar ek bly, maar ek sal eers 'n rukkie wag voor ek dit kry. Dit kos $99 'n maand vir 'n broadband konneksie. Dit klink duur, maar glo my in vergelyking is dit baie goedkoop. In SA kos 64k dialup omtrent R500 'n maand. Hier kry ek wireless 1024k [1 meg] vir R500! Om dit in perspektifief te stel, is dit die verskil tussen 'n 64mb memory kaart en 'n 1mb kaart.
Wat is die girls se storie met Murgpyp? Lyk my hulle is maar styf? As dit Kurt Darren of iets was, dan was hulle seker almal eerste daar! :)
Ek dink jy moet 'n bymekaar kom reel, en dan hulle bietjie educate met 'n aand se eksklusiewe Murgpyp vermaak. En miskien saam met Murgpyp 'n ou pypie somer ook rook. Wens ek kon join.
Dankie vir die skryf ou Wils. Dit is lekker om van julle te hoor. Ek sal sien hoe ek kan uitwerk om te kom kuier.
Marlize, ek dink jy moet maar vir ou Wils uithelp. Ek dink dit is maar meer 'n geval van dat hy nie alleen wil gaan Murgpyp kyk nie in geval daar 'n paar single mans is daar wat meer in hom sal belangstel as in Murgpyp. :)
Dankie ook vir die kontak offer. Tot dusver kom ek redelik goed oor die weg. En die werk hou ook my mind so bietjie besig, net genoeg sodat ek nie deur die dag te depro raak nie. Ek mis julle almal vreeslik baie. Ek gaan julle in elk geval vroegtydig laat weet wanneer ek kom kuier, sodat julle daardie naweek kan oop hou. Party gaan ons party dan!
Tot later dan.
Liefde groete van Doer Onder.
Hey Don!
Hoe gaan dit nou by die werk? Hier het ons die laaste dag of wat 'n wind- en stofstorm beleef soos ek nog nie voorheen gesien het nie.
Was vanoggend Oranjeville toe en het minstens 4 bome langs die pad gesien wat omgewaai het.
Ek hou van jou nuwe foto! Met watter een van die drie preutse pikkewyne assosieer jy?? ;-)))
Hi Lief, ja ons is besig om weg te waai. Ek het gisteraand gedink die dak gaan afwaai, dit was vandag darem weer `n bietjie beter. Ons gaan more Aardklop toe, dit gaan BAD wees sonder jou. Ek is bly ons het dit oordentlik gedoen laas jaar.
Ek het weer `n m037&e sinus aan my en dit wil nie reen dat dit net `n bietjie beter kan raak nie. Annemarie se ek bly siek omdat ek so verlang. Ek stem saam met haar, dis nogal rof sonder jou, ja ek tjank nog al die pad.
Ek sal more aand terugvoer gee oor Aardklop.
LJBBBBBBBBB en MJMMMMMMMMMM.
Jou Vrou
Don, dink jy nie ons single girl tribe raak bietjie windgat nie?
Mens moet hulle nou seker 2 maande voor die tyd boek??
Ons het gisteraand na ou Steve gaan kyk, het julle teenwoordigheid gemis hoor.
Jy beter seker maak jy kom Desember kuier, hoe langer jy weg is hoe meer lus raak ons aan die kant vir groot kuier!!!
Praat wer
Anoniem
Hey, ek wil weet van die wikkepyn!!
Ek sien daai Pie-Zet-eN (pêl zonder naam!) van ons lôêr darem nou gereeld in.
Gelukkig is hier nie nou twee Anonieme nie, anders kon dit nogal spôrts afgegee het, hahahaha!!!
Mooibly Don, ek's bly om te sien jy praat al van 'n kuier en 'n party!!
Ek sal wat gee vir 'n lekker braaivleis, wyn en smokery. En die rustige klanke van goeie Afrikaanse musiek in die agtergrond.
Hoe was die Steve konsert?
Hi Don
Lanklaas geskryf, maar die Bulle is besig om die Griekwas ore aan te sit toe dog ek sê gou hallo!
Nou ja soos Nien en Ters gesê het, was Aardklop net nie dieselfde sonder jou nie!! Nog steeds lekker en het lekker saam met Doris gekuier!! Maar ek kon nie een keer sê: "Moer dit was nou nice nie" of "ek is nou so lus vir 'n biertjie" - moes maar bietjie ordentlik wees.
Ddisselblom weereens very nice!! En het lekker gelag vir die :"kat wat weg is". Ons het so baie oor jou gepraat dat Doris op 'n stadium gesê het sy kom agter hoe baie ons jou mis!
Het wragtig nie 'n skildery gekoop nie - Nien het regtig mooies gekoop!! Maar Anine sê groete! Sy het natuurlik vir Nien gevra "waar is Mirna?" Maak my bekommerd dat al die mense my nou so op die naam ken!!
Wat sê jy van Alonso? Kry maar steeds vir Kimi baie jammer!!
Jy moet eers mooi bly en lekker werk!!
Liefde
Mir
Ters, ek dog Malize raak windgat!!
Don, ek het versterkings nodig aan die kant. Jy beter kom help...
Wat is jou planne vir die naweek? Ek is op naweekdiens so is maar tussen die huis en die werk.
Geniet maar wat jy ookal doen.
Anoniem
Post a Comment
<< Home