Tuesday, September 13, 2005

In sak en as...oor as.

Die nasie is in sak en as oor die Ashes. En dan dreig die "gelowiges" om Melbourne op te blaas.
Ek het die laaste dag van die Ashes in my kamer le en kyk, maar het aan die slaap geraak iewers tussen 3 paaltjies en silly mid wicket. So teen 4 uur die oggend is ek wakker gemaak deur die white-noise van die TV. Ek het die TV afgesit, omgedraai en verder geslaap. Vanoggend was die atmosfeer dik van teleurstelling om die ontbyt tafel. Natuurlik is die Engelse fans baie in hulle skik. Al wat die Aussies se is: 1 uit 17 is nie te bad nie.
Die media eis nou die krieket kaptein se kop. As julle dink dat die Suid-Afrikaanse fans hard is op hulle sport sterre, dan het julle nog niks gesien nie. Selfs ou Lyton Hewitt het deur geloop. Hulle se hy moet minder konsentreer op "c'mon!" en meer op tennis. Ai-ai, die kompetisie is so taai.

Anyway...

Ek is bly ek kon weer met jou praat, Nien. Dit was lekker om jou stem te hoor, en ek het sommer lus gehad om alles te los en terug te gaan.
Jy het so sad geklink, maar jy moet uithou. Sodra ek die foonkaart uitgewerk het, sal ek meer bel.

Ek is ook bly oor Jacques! Se asb vir Nick en Antoinette om bietjie aan te log en met my hier te praat. Vind uit wanneer kom Jacques terug asb, sodat ek vir hom 'n SMS kan stuur.

Die job hunting is nog aan die gaan. Jy moenie spot oor die pizza delivery nie! Dis nie snaaks nie! Ek het 'n e-mail gekry vanoggend wat lees: "HEADHUNTED! This e-mail has been sent because an advertiser wants to consider you for a vacancy after reviewing your resume..." As die offers nou net wil kom, dan sal ek baie beter voel! Praat van Afrika tyd, die blerrie Aussies is glad nie gepla met tyd nie! Ek hou maar net aan om te hoop.

Tot later...

6 Comments:

At Wednesday, September 14, 2005 2:40:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Lief, Kat is weggejaag.
Ek het maar `n rowwe dag gehad. Moeilike vergadering tussen die ander bestuurders en my mense, maar dis nou verby, meeste van hulle is gelukkig. Ek voel ook nie lekker nie, maar ek moet nog swot en `n werksopdrag klaarmaak vannand.
My @%(^ was baie suur Vrydag. Ek het `n brief gekry van UNISA wat my inlig dat ek nie toelating gekry het vir een van die modules nie. My naweek was daarmee heen. Toe ek Maandag middag bel se die dame "o, nee almal het toelating gekry, dit is `n fout." Fout my m@&%, maar nou is alles reg.
Gaan nou CSI kyk en opdragte klaarmaak.
O, Jacques is terug.
LJB MJB. Sterkte

 
At Wednesday, September 14, 2005 5:22:00 AM, Blogger D said...

Ai, ek wens ek kon vir jou 'n glassie wyn gooi, maar jy sal maar self moet gooi en maak of dit ek was. More sal jy beter voel.
Kan jy vir my Jacques se nommer kry asb? En het jy vir Antoinette-hulle vertel van my blog? Waar is Mir en Ters? Hoekom post hulle nie?
Gaan vandag verder kyk vir verblyf.
L+MJB

 
At Wednesday, September 14, 2005 5:50:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi Lief, Hier is Jacques se nommer: 0839755992 Antionette: 0836913816. Ek het die addres vir Antionette en Nanna hulle gegee. Gee asb. `n e-mail ook vir die wat nie access het nie.
Het gisteraand die telefoon rekening betaal, R1000 en something. Het Nadine se R100 gaan inbetaal. Ek het van jou "girlfriend" se wyn gedrink.
BLJ

 
At Thursday, September 15, 2005 9:00:00 AM, Blogger D said...

R1000!? Hoe de? Iets klink nie reg nie. Kan jy die rekening scan en miskien vir my stuur asb [altwee bladsye]. Onthou om dit in jpeg formaat te doen. As jy kan asb Nien.

Watse "girlfriend" wyn praat jy van?

L+MJB

 
At Thursday, September 15, 2005 5:44:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hie Lief, Ek sal probeer scan. Die girlfriend van kaapstad se wyn. Die Rose.
Dinge is regtig besig om mal te word, vanoggend toe ek by die werk inry is daar `n Clio op sy dak by die kantore se ingang. `n Bakkie het die Clio nie raak gesien nie en bane verander, die Clio het uitgeswaai die pavement geslaan en geflip. Ek is bly ek ry `n groot kar. Die dame het gelukkig nie seer gekry nie, nie eers `n skrapie nie.
Die ergste is dat ek met die Elantra werk toe gekom het om hom te laat was. Die ding is vrek vuil, want die duiwe het nes gemaak in die garage met die obvious gevolge. Ek wou insluip sonder dat enige iemand my sien. Toe staan die hele gebou se mense buite, hulle het my snaaks aangekyk, toe verduidelik ek maar. Dit het nie veel gehelp nie. Ek gaan maar `n net of iets voor die garage hang dat die duiwe uit bly, hulle maak baie vuil. Dit is ook baie stowwerig. Groete dan. BBBBBBBBBBLJ en MJBBBBBBBBB. Jou Vrou

 
At Thursday, September 15, 2005 6:34:00 PM, Blogger D said...

Hi Nien
Ek is bly jy ry die Elantra, anders word sy battery pap. Ek wonder wat die mense by die werk gedink het oor die Elantra. Weet hulle ke is weg?
Ek is bietjie depro vandag, want ek mis jou vreeslik. Hopelik voel ek more beter. Ek het vir my twee stukkies sushi gekoop vandag $2.80 elk vir twee groot stukke. Ander dae eet ek maar gesond, gewoonlik yoghurt ens om geld te spaar.
Ek sal vir jou die e-mail adres SMS as jy die scan wil stuur.
MMMMMMMMMMMMMM+LLLLLLLLLLLLLLLJB!!!!

 

Post a Comment

<< Home