Tuesday, September 20, 2005

Daar is onderhoude en dan is daar onderhoude....

Hi almal

Jammer ek skryf nou eers na die naweek, maar ek is nou weg uit Kirribilli uit, waar hulle wireless Internet access gehad het. Daar kon ek my laptop opstart en vanuit my kamer na die Internet toe konnekteer sonder enige drade. Ongelukkig het hulle nie wireless by die nuwe plek waar ek bly nie, maar ek gee nie om nie, want tenminste slaap ek nou rustig. En glo my, dit is belangriker as wireless Internet access. So ek sal maar weer die Internet cafe moet besoek todat ek vir myself wireless kan reel.

Soos ek gese het, ek is uit Kirribilli uit en bly nou in Neutral Bay, wat basies reg langs Kirribilli is. Alhoewel die kamer heelwat duurder is, is dit 100 keer beter, en die prys werd. Dit is 'n nie-rook gebou, so die kamers is vars. Ek het Saterdag gaan kyk na 'n plekkie in Bondi, wat $300 per week kos. Maar, soos gewoonlik, is dit vrot gerook. Ek het 'n absolute haat vir kamers wat soos ou muf rook ryk, so no-go. Die kerel wat die plekkie in Neutral Bay manage is great. Hy hardloop die plek asof dit sy eie huis is. Ek en hy sit vir ure lank en gesels oor onderhoude, die lewe en allerhande dinge. Hy is baie filosofies en positief oor alles. Sy vrou is ook 'n emigrant en kom uit Columbia uit. Ou John wil net heeltyd help met die werk soekery, en gee my geduurig interview tips.

Praat van onderhoude. Ek was Maandag middag vir 'n onderhoud by een van die groot finansiele instansies hier in Aus. Die onderhoud was geskeduleer vir 3 uur. Die ou wat die onderhoud met my gevoor het, het eers 45 minute later opgedaag. Ek het dus daar gesit soos 'n fool en wag vir hom. Dit was 'n job wat ek regtig in belang gestel het, so ek het maar gewag. Tor hy my kom kry, was hy nie juis apologetic nie. Die onderhoud self was horibaal. Alerhande diep tegniese vra. Hulle was absoluut uit om my te nail. So drie-kwart deur die onderhoud, toe snap ek. Ek het gese: "Kyk, ek is hier om te werk. Ek werk hard en is reliable. Ek weet nie alles nie, en as julle 'n biblioteek soek, dan mors ons mekaar se tyd!" Natuurlik is die onderhoud kort daarna klaar en ek is daar weg. Ek neem aan dat hulle my nie sal nader nie, maar al doen hulle, sal ek nie daar wil werk nie. Hulle behandel mense soos snert volgens my.
Ek het ook vanoggend 'n offer gekry om by 'n maatskapy te begin as 'n senior netwerk ingeneur. Dit is die maatskapy wat my "ge-head hunt" het. Hulle wil he ek moet Maandag begin. Dis die goeie nuus. Die slegte nuus is dat die salaris nie te wonderlik is nie. Al die agentskappe se ek is meer werd as dit, en moet dit nie vat nie. Dus, gaan ek maar 'n bietjie aanhou en die een laat glip. Dit klink seker snaaks. Hier sit ek in Australie sonder werk, ek kry werk, en dan vat ek dit nie. Alhoewel dit soos 'n goeie maatskapy lyk, dink ek ek gaan die agentskappe se raad volg en wag vir iets beters. Ek hoop ek maak die regter besluit. Ek gaan maar op gut-feel.
Ek wag nog ook op 'n ander maatskapy wat lyk of hulle my nogal laaik.

Siende dat ek my eie kombuis nou het, het ek na vandag se onderhoud by Coles gestop en vir my 'n paar goetjies gekoop. Vanaand maak ek my eie kos! En dis goedkoper.

Ek is ook bly om te sien dat my maters vir my skryf. Julle laat my nog meer huis toe verlang. Willem, jy en Barend moet maar 'n paar pyle gooi en drankies drink op my. En Karin, ek weet nie of skryf in my bloed is nie. Ek sukkel maar met die grammar.
Hier is raad vir diegene wat rekenaars het. Skryf julle briewe by die huis, sit dit op 'n memory stick, en copy en paste dit dan na my blog gou by die werk. Dis baie makliker. Ek wil graag van julle almal hoor.

Anyway, ek het more oggend weer 'n klein onderhoud. Hou maar vir my duim vas.

Lief en mis julle almal.
Nien, m+ljBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBB!

3 Comments:

At Tuesday, September 20, 2005 8:03:00 PM, Anonymous Anonymous said...

HI Don

Het vandag by kantoor gebly om BAIE papierwerk te doen!!! So nou kan ek lekker vir jou skryf.

Is baie bly om te hoor jy kry onderhoude! Is ook baie bly om te sien jy laat nie toe dat die Aussies jou boelie nie!

Ons het fone wat werk by die werk -na 2 maande se gesukkel! Can you believe it?

Maar kyk om by die kantoor te bly is nie 'n grap nie - want die wat ook bly pla jou die heeltyd en is so LOUD jy weet. Het my MP3 opgesit en lekker geluister en gewerk, maar dan word ek kort-kort gesteur - maak my mal!!!

Ek en Nien gaan more bietjie by Marna kuier na werk. Hulle huis kom darem nou aan - as jy Kersfees hier is, moet hulle maar daknatmaak hou!

Verder is daar nie groot nuus nie!

Sterkte met alles - maak maar pelle - kyk maar die ryk Aussie manne uit - mens weet nooit!

Mir

 
At Wednesday, September 21, 2005 4:03:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Dis vir almal. Donovan het instruksies gegee dat ons net by die laaste boodskap moet comments insit, maar toe protesteer ek. (Die arme man weet nie mooi wat hy gedoen het 21 Desember 1995, ja Marlize, `n Donderdag.)Terug na die punt, ek het hom ingelig dat ons op `n tema reageer.Almal moet maar comments soek. Tersia het glo een of ander slim oplossing, vra haar maar as julle nie wil soek.

Die volgnde is gesensor vir die res, dit beteken NEE julle mag nie lees nie.

Hi my man. Dankie vir die bel, dis baie lekker. Maar ek moet eerlik wees ek tjank nog al die pad. El was baie braaf maar mis jou verskriklik. Dis maar stil in die aande by die huis, maar mense soos Nanna hou my baie besig met werksopdragte en toetse. Ek het 80 % en 90% tot nou toe gekry. Nee, sy trek nie voor nie, ek werk baie hard.
Kat is maar hier om my, `n regte pyn.
Die PMS help ook nie vir die verlang nie.
Ek het regtig begin dink dat jy moet begin ernstig begin skryf. Jy het mos nou tyd. Jy moet jou "Be Creative" wat die hele tyd uitkom toepas.
LJBBBBBBBBBBBB en MJBBBBBBBBBBBBM. Ek moet nou gaan slaap, my brein is besig om op te pak. Lief jou.

 
At Wednesday, September 21, 2005 5:00:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Nou net 'n email van Janine gekry om te sĂȘ dat jy werk gekry het! Jis, ek's bly ou Don, baie geluk hoor. Hoop dis wat jy wil doen en dat dit so voorspoedig sal aanhou!

 

Post a Comment

<< Home