Friday, October 07, 2005

Aussie Aussie Aussie Oi Oi Oi!!!

Jô, maar die tyd vlieg darem maar vinnig. Ek kan nie glo dat ek al in my tweede maand is hier in Aus nie. Ek kom goed reg met alles, maar die verlange huis toe is nog steeds erg. Ek mis almal en alles, maar my verlange na Nien is onbeskryflik.

Nuus hierdie week is dat ek Dinsdag aand saam met die Suid-Afrikaanse paartjie wat ek op die ferry ontmoet het, 'n drankie gaan drink het. Ons het somer hier in Neutral Bay by een van die local pubs by mekaar gekom. Dis nie soos 'n muf gerookte bar waar daar 'n klomp dronkies rond hang nie. Dis nog steeds 'n pub, maar bietjie meer classy. Daar het ek my eerste drankie gedrink vandat ek hier is. Glo dit of nie, maar ek het twee biere gehad! Hahn noem hulle dit. Nie te sleg nie, maar ek dink dit sal lekkerder in 'n shandy wees. Ons het lekker gesels oor die lewe hier in Aus, asook die lewe terug in SA. Al ons SA's mis maar almal dieselfde dinge.

Ons is natuurlik hoog in ons skik oor die krieket. Ek dink die wêreld span het seker maar aan 'n bietjie jetlag gely. Ek dink die res van die wedstryde sal nie so maklik wees vir die Aussies nie. Daar is te veel diepte in die
wêreld span. Ek sal daarvan hou as ou Kallis 'n ding of twee doen.
Ek het 'n kaartjie gekoop vir die toets wedstryd. Ek dink dit gaan lekker wees.

Ek het ook 'n kaartjie gekoop vir die A1 Grand Prix! Man, ek sien uit daarna. Ek sit in die Grand Stand, en het 'n "3 day pass". Die kaartjie was $150.

Ek het vandag rooibos tee gedrink by die werk. Dit was nou lekker. Ek wil kyk of ek die naweek by die SA winkel kan uitkom. Miskien kan ek daar vir my 'n paar SA lekkernye koop, soos biltong.

Elk geval, laat ek gaan krieket kyk. Lyk my die Aussies gaan weer skoonskip maak! :)
Lekker bly almal. Mis en verlang na julle.
M+LJBBBB Nien.

5 Comments:

At Saturday, October 08, 2005 5:23:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi Don

Gaat mal - haat my werk al hoe meer! Die open plan laat mense dink hulle kan in jou hele lewe inklim!

Het bietjie gereen ja. Nien maak beertjies in Pta. Ons gaan vanaand na Karin se birthday party - potjiekos - gaan jou natuurlik weer mis daar!

Werk maar weer aan die studente se goed - Nien het 98% vir haar toets by my!

Wens ook net die Oktober is nou verby - tussen al die klasse gee en my werk is ek bietjie moeg hoor - maar geniet nog steeds die klasgee BAIE!

Ja nee wat op eie turf is die Aussies maar die beste! Is baie jaloers op jou dat jy alles gaan kyk. Het jy gehoor van die qualifying? Vreemde grid! Coulthard - sesde!! Arme Kimi se enjin het alweer opgeblaas!

Praat weer

Mooi bly

Mir

Drink maar vir my ook 'n biertjie!

 
At Monday, October 10, 2005 2:18:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hallo

Maandagogg - het 'n vinnige gaping om hallo te sê! Het jy die krieket geniet? - was maar sad vir die wêreldspan - eindlik 'n skande!

Kimi was fantasties! Dit was 'n ongelooflike race vir hom!
Die SA span het niks gedoen by die A1 GP nie - kar het gebreek - het jy gesien?
Het lekker by Karin gepotjie!

My pos by univ geadverteer - nou moet jy asb bid - wil so graag gaan!

Geniet jou week!

Mir

 
At Tuesday, October 11, 2005 4:05:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hey DoNoVaN

Hier gaan dit goed, ons het gister selfs amper reën gehad!

Ek sien daai Anonieme pel van jou sê hy weet nou meer wat in ons ander se lewens aangaan as voorheen. Ek dink dis nogal 'n lekker interessante newe-effek van jou blog!

Ek weet bv nou JaNiNe maak pop-ups (hey, jy't dit toe nie saamgebring Saterdagaand nie!!), TeRs probeer oom BeN waterwise kry, tannie BeN werk baie hard, en ek moet duim vashou vir MiR se nuwe werk. En dis nog net die NeLLe..

So, vir dié wat belangstel, daar gaan niks in my lewe aan nie, so sorry as jy vol verwagtinge tot hier gelees het!
;-)

Goedgaan DoN én aLLie anNer

 
At Wednesday, October 19, 2005 1:19:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi Don. Ek's baie jelous dat ek nie saam met jou die krieket kon kyk nie. Ek sou graag die toets wou sien. Jy kan bly wees jyt Sondag eerder krieket as GP gekyk. Ou Schumi het lelik naam weggegooi deur agter die safety car af te spin. Hy was so embaresed na die tyd dat hy nie eens sy helm afgehaal het op pad terug pits toe nie. Jy moet jou eerste verjaarsdag in Aus more geniet hoor! Ons almal sou die dag graag saan met jou wou deurbring. Jy weet natuurlik ons almal mis nou uit op 'n kuier omdat jy nie hier is nie!!!
Mooi bly

Willem

 
At Thursday, October 20, 2005 6:52:00 AM, Blogger D said...

Hoelykit Willem
Nee wat, julle kan sê wat julle wil, maar daar is min drywers wat 'n jaar soos Schumi kan beleef en dan nog steeds 3rde in die championship kom. Albei Moantoya en Fissssi moes voor Schumi in die rankings wees hierdie jaar, by myle. Schumi moes saam met Rubens doer onder in 8ste of 9de plek gewees het.
Ek het nie die race gesien nie, net daarvan gelees op die Internet.

Dankie vir die verjaarsdag wense ou Wils. Ek wens ook dat ek liewers saam met my pêlle kon party. Niemand weet ek verjaar hier in Aus nie, en ek gaan dit maar ook stil hou. Nie lus vir allerhande chirps nie.

Drink maar ietsie op my.
Cheers ou pêl
Don

 

Post a Comment

<< Home