Lang naweek...
Dis lang naweek in Australie, en dis warm! Vandag [Sondag] is 28C en die humiditeit is om-en-by 75%, maar dit voel soos 38. Gister het ek in Darling Harbour gaan rondloop. Dit was nie so warm soos vandag nie, maar ek het my eerste ligte sonbrand gekry. En dit van 10 minute in die son spandeer met 'n SPF15 wat ek aan my gesig gesmeer het. Van nou af smeer ek SPF30+ voor ek uitgaan, en ek vermy die son sovêr ek kan. Dit gaan salig wees om more laat te lê. Labour Day in Aus.
Ek het ook Vrydag my eerste Aus payslip gekry. Die PAYE belasting hier is astronomies hoog - 42% op my salaris! Gelukkig is hulle besig om die belasting te verminder.
Ek ry nou in die oggend met die ferry werk toe. Een deel is ferry en een deel bus. Vrydag wat kom is "Walk to Work Day". Ek is so 20km van die werk af, so hulle is lekker laf. Ek sal maar in die bus op en af loop op pad werk toe.
Dit is so rustig om op die ferry te ry. Om een of ander rede bring dit 'n rustigheid oor my. Ek koop in die oggend 'n Cafe Latte by die hoek restaurant op die wharf, en sit rustig en drink terwyl die see meue om die ferry baljaar op pad Circular Quay toe, waar ek dan 'n vinnige stappie moet neem om my bus te kry.
Ek gaan nie skryf oor die bomme in Bali en ander terrorisme goed nie.
Wat ek wel gelees het is dat typhoid glo in dele van Gauteng uitgebreek het? Dit maak my hart seer wanneer ek sulke goed lees. Ek dink dat elke persoon ten minste in of twee keer in hulle lewe in 'n ander land moet bly vir 'n ruk. En ek praat nie van vakansie hou nie, ek praat van werk en lewe. Dit gee jou 'n ander perspektief.
Vir die van julle wat CSI so geniet, wel, daar is goeie nuus en daar is slegte nuus. Die goeie nuus is dat daar nog 'n reeks CSI's is, wat seker sal wys na die reeks wat tans in SA wys. Die slegte nuus is dat daar sekere dinge gebeur wat julle nie baie van sal hou nie. Ek sal niks meer sê nie, maar dit is maar half sad. Maak julle eie gevolg trekkings.
Ek wil ook die nuwe movie 'Serenity' gaan kyk. Dit lyk heel goed. Op die vliegtuig het ek 'Hitch Hikers Guide to the Galaxy' gekyk, so die van julle wat dit nog nie gesien het nie, dis die moeite werd. Ek dink nou hier spesifiek aan Nien, Ters en Marlize.
Op pad terug Neutral Bay toe vandag het ek by Nandos gestop. Nandos in SA is baaaie beter as Nandos in Aus. Hier is dit net nog 'n fast-food joint. Nie soos in SA, waar dit 'n treat is nie. Dit het nog steeds goeie herinneringe terug gebring.
Ek gaan 'n kaartjie boek vir die A1 Grand Prix in November. En ook vir die toets tussen Aus en die res van die wêreld. Die een-dag wedstryde word in Melbourne gespeel, so ek kan net die toets gaan kyk by die SCG. Ek wil die Sondag gaan.
En dan sien ek Johnny Clegg en Savuka toer Aus in Desember. Ek wil dit ook gaan kyk.
Mis julle almal baie.
Liefde groete.
Nien, l+mjbbbbbbbbbbbbbbbbb!


9 Comments:
Hi Don
Ons twee het vanmiddag bietjie die webbladsy onder hande geneem en onsself ge-update met al die chatstof. Die "Vans" het bietjie met die corporate internet gestoei - daarom die late ..late.. very late.. reply !!
Baie geluk met die joppie - jy verdien dit !!
Bietjie ou nuus is dat ek (Brnd) terug is uit die States. Wat 'n besige plek - my mal gemaak. Alles is regtig groot - SKY SCRAPERS, PICK-UP TRUCKS, HIGHWAYS, KATRINA. Ek het vir my 'n iPOD gekry by Apple in Chicago, 6GB, 1500 songs, gestrap om die arm - ek voel soos 'n Dude op 36.
Ons het vandag met die scooter gaan ry - Parys toe. Opnuut besef dat dit bevange is. So sywaarts teruggekom met 'n Augustus wind net betyds vir die afterparty.
Sonder om al die skandes, sondes en sappighede te herhaal, hierdie een uitsondering:
* Viva die BLOU GOLF *... dis al !!
Baie sterkte in Aussieland.
Chat weer gou.
Ciao
Barend en Mariette
Donovan,
Ons het vandag by jou skoonma hulle bietjie gekuier (eintlik om nuus van jou daar in die verte te kry) en toe gee hulle my jou blog adres. Ek sien jy se dis langnaweek, miskien moet jy jou "aftyd" gebruik om vir ons 'n fototjie of twee reg te kry vir Dinsdagaand se VPS klub aand. Stuur ook vir my jou spesiale versoeke wat ek by die vergadering kan oordra. Almal vra altyd baie uit oor jou en mis jou.
Groetnis van jou foto maat
Johann
Barend en Mariette
Hi julle twee! Lekker om van julle te hoor.
Praat so van Parys, en ek verlang na my fiets ry oor Ertjies, en van ons almal se brekfis daar.
Ek is bly om te sien dat jy die States geniet het :) Jy's reg, al die groot geboue en goed is nogals vreemd vir ons Vaalies. Jy moes vir jou 'n trokkie bestel het terwyl jy daar was!
Barend, ou maat, jy moet stadig met die gadgets, anders word jy gou-gou 'n tekno junkie. Ek hoop jy het vir Mariette ook 'n iPod gekry? Mariette, en draai jou man se oor as hy so jaag met daai scooter van hom.
Julle moet gou weer gesels.
Cheers
Johann
Hi daar Johann. Ek het gewonder hoekom die lang stilte? Ek was onder die indruk dat Janine vir julle die blog adres gegee het.
Elkgeval, lekker om ook van jou te hoor. Ek sien jy het ook jou eie blog nou. Dis great. Ek sal daar ook inloer.
Ja-nee, ek het al 'n paar fotos geneem vandat ek hier is. Ek sal dit voorberei en vie jou stuur vir Dinsdag aand. Ek het ongelukkig nog nie wireless broadband of 'n monitor nie, so ek doen die verwerking op my laptop skerm.
Ek probeer organise dat die werk vir my wireless betaal. Dit kos so $80, maar hulle het gesê hulle sal die eerste $40 betaal. Sodra ek dit het, sal ek my Skype weer opstel.
Groetnis by die huis en die klub en praat gou weer.
Hi Don
How goes? Is sommer baie jaloers as ek sien waar gaan jy oral - maak sommer skuld, laai vir Nien in en kom kuier.
Hier is dit weer Maandag - blou! Nien skryf by my toets vanaand - - het gister net by ons geëet en toe gaan leer - arme ding!
Is weer by fisio met my rug- magtig daai vrou speel nie hoor, maar voel sommer al klaar beter.
Ons het darem nog nie typhoid nie!
Dis sad van die bomme in Bali!!
Het weer van die houtkapper fotos geneem - vir Johan gewys - hy sê dis oulik!
Verder nie nuus nie!
Is bly om te hoor dit gaan goed.
Verlang nog steeds na my ou swaer!
Mir
Hallo my man, vergelyk dit: Sydney, latte, seemeue vs Johannesburg Stad (Ek het deur die stad gery want die M1 was geblock)Taxi`s wat oor rooi ligte ry en die beste van alles, ek moet gewoond wees daaraan, maar toe ek my oe knip sien ek, hoe kan ek dit mooi stel, .....boobs. Die spul was besig om te toy toy, heavens weet waaroor, maar almal het alles bo uitgetek. Toe wonder ek wat sal iemand van `n ander land dink daarvan veral `n aussie en ek praat van die rooi ligte nie eers die ander goed nie.
Die ergste is ek sal dit mis, die taxi`s, daar is `n "living fearlessly" gevoel geheg aan die land. O ja en jy gebruik woorde wat jy nie eers geweet het jy ken nie.
Terug na besigheid, ek was by Ted vandag. Ek het weer vorms geteken. Jou geld is oorgedra maar is nog nie in die verskillende funds in nie. Hy sal my Maandag bel vir `n afspraak, maar ek sal hom ook maar bel. Gelukkig moes ek elke keer soontoe gaan vir vergaderings. Moenie worry ek is op sy case.
Verder vrek ons ook van die hitte, maar die humiditeit is -80%. Dit is droog en mislik. Ek sukkel ook met my kar in die wind. Daar was vanaand `n hele 2 druppels, why bother. My hare staan regop van die static, conditioner werk nie meer nie. My sinusse pak ook op, jy kan bly wees jy is nie hier nie, ek snork my self wakker.
Laar ek verder gaan leer en my werkskaart vir my pneumatic pump klaarmaak. Dit lyk nogal oulik, dit is 2 inspuitings wat `n klein teddy uit `n tioletrol laat pop. "Pop-up teddy". Ja ja ek weet, kry `n lewe.
Verder mis ek jou baie en is jaloers op jou latte`s en ferries. Die kat stuur ook groete. BBBBBBBBBBBLJ en MJBBBBBBBBBBBB. Praat weer.
Ons het toe gisteraand weer klub vergadering gehad. Slegs John Rowntree het slides daar gehad en Mel het prints gebring wat hy op sy printer gedruk het. Lyk of hy nou sy printer probleme uit die weg geruim het, die prints lyk baie beter. Al die ander mense het e-slides gebring. John is dus nog die enigste kanniedood wat sweer hy gaan nooit oor na digitaal toe nie! Ek het vir hulle vertel van jou blog en sal die url vir hulle in die nuusbrief laat publiseer. Ek het 'n paar nice fotos daar gehad, maar die judges het nie noodwendig saamgestem nie. Ek sal hulle op my blog upload sodat jy dit kan sien. Jy het toe nie vir ons fotos gestuur vir die vergadering nie (prioriteite!). Jy moet asb probeer om dit betyds te doen vir volgende maand. Met 2 notebooks, 'n nice kamera en 'n baie fotogeniese omgewing het jy nie meer baie verskonings wat jy kan aanvoer nie! Ons het die 22e Okt 'n photoshop werkswinkel hier by my huis vir die hele dag. Ek wens jy kon ook hier wees om te help. As jy jou Skype voor daai tyd aan die gang kan kry, moet ons dalk 'n call vroeg-oggend (vroegaand jou tyd) doen sodat die ander ook met jou kan praat.
Groetnis
Johann
Hey, nou's selfs die Van's hier! Self is ek net vinnig vandag hier vir 'n inloer en dan weer weg. Ek sal (meeste van) julle darem Saterdag sien. Ons sal jou weereens mis Saterdag, Don.
Janine, bring daai pop-up saam, please, ek sal dit graag wil sien (en nee, dis nie 'n grappie nie en ja, ek weet, get a life!)
Sien julle
Hi Don
Wat 'n kontras, vanoggend vrek koud en dan waai die wind ook nog!
Wil ok maar net gou hallo sê.
Dis nogal ironies, met die web chat weet ek nou meer(wil dit vir my voorkom) wat in die peoples se lewens gebeur as toe jy hier was!
Ek voel of ek met vandag se weer kan doen met bietjie opwinding.
Ek dink ek gaan al die girls by die werk mail en sê daar is toy toy gereel met groot pryse om te wen ......
Anoniem
Hi julle almal
Jammer ek skryf nou eers, maar dit gaan hectic hier by die werk. Almal is op verlof of besig met iets anders, met gevolg dat ek maar sukkel om tyd af te knyp om te skryf.
MIRNA
Ek dink jy moet maar jou Claerhoutjies verkoop en oorkom. Bring vir Nien saam.
TERS
Jy sal op jou rug val as jy die vars produkte markte hier sien. Noem dit en dis hier - die beste gehalte teen die beste prys. Ek het byvoorbeeld op pad werk toe van oggend vir my 2 appels, 2 naartjies, 2 pere, 2 kiwi vrugte en 2 piesangs gekoop vir $6. 'n Hele dag se gesonde kos van uitstaande gehalte. Die lekker daarvan is dat die mark is regby die stasie, so ek kan in die oggend en dan op pad terug huis toe gou my goedjies koop. Reg langs die vrugte en groente is die vis mark. Dit stink ook glad nie. Ek voel altyd so lus om 'n vissie te koop en gaar te maak in die aand. Die prawns is ook volop!
JOHANN
Ek het te laat by die werk gery. Dit was rof Dinsdag en ek het skoon vergeet van die fotos. Hierdie naweek sal ek verder aan hulle werk.
Gee gerus my blog se adres vir die wat wil skryf. Ek sal graag van hulle wil hoor.
Ek neem aan ou John sal nou maar moet aanvaar dat film se dae omtrent getel is. Ek het vir my hier in Oz 'n tripod gekoop. 'n Manfrotto met 'n oulike kop. Ek sal later die joystick bykoop.
Ek sal my bes probeer om die Skype voor 22 Oktober op te kry. Dit sal lekker wees om met almal te gesels.
MARLIZE
Wens ek kon daar wees. Drink maar weereens 'n ou rooietjie op my.
WILLEM
Ek gaan A1 Grand Prix kyk volgende maand! Grand Stand seats vir 3 dae. Wens jy was hier!
Post a Comment
<< Home