Beware gap when boarding...
Hello sportsfans
Ek het vandag vir Glenn McGrath ontmoet. Handtekening gekry en 'n foto geneem. En ja Mir, ek het vir jou ook 'n handsign gekry!
Op die foto kan julle 'n goeie idee kry van die vent se lengte. G'n wonder hy slinger 'n krieket bal so vinnig nie. Hy is 'n gawe kêrel en ook 'n gentleman. Glad nie groot kop of iets nie. Hy het met elkeen gepraat wat hom kom ontmoet het. Ek sien uit na Sondag se krieket.
Môre [Saterdag] gaan ek Canberra toe. Ek het besluit om so bietjie die land te verken terwyl ek die kans het. Ek ry met die trein, soortgelyk aan ons blou trein. Hopelik kan ek 'n paar fotos neem wat ek dan vir julle kan wys.
Ek hoor dat Karin se potjie weer 'n wenner was. Man, ek sou wat wou gee om daar te wees. Wanneer ek in SA kom kuier, dan wil ek alles eet wat ek gemis het. Gekookte kos, potjie, pot-brood, ordentlike braaivleis en Ma se suur-lemoen tert. En ek wil gesels in Afrikaans.
Ek geniet dit om julle gesels te lees. Julle moenie ophou nie. Al is dit net om hallo te sê, dit is lekker.
Vir die waarvoor daar eksamens voor lê, sterkte. Ek hou vir julle duim vas.
Ek is ook bly om te hoor dit het weer so bietjie gerëen by die huis. Die weer in Sydney is baie soos die Kaap s'n. Een dag moerbui warm, volgende dag dan rëen dit.
Die rëen het stil en sag geval
neer op my dak van onsekerheid
In die donker het ek aan jou lê en dink
en stil-stil het die jare en al die pyn
saggies voor my verdwyn...
L+MJBBBBBBBB Nien
PS: vir die van julle wat wonder wat die titel "Beware gap when boarding..." beteken, ek kan verduidelik. Op al die stasie platforms se randte staan dit geskryf. Dit is om mense te waarsku wanneer hulle op die trein klim, dat daar 'n gaping is tussen die platform en die trein. Ek dink dat dit eerder "Beware generation gap when boarding" moet lees...


3 Comments:
BAIE DANKIE VIR DIE HANDSIGN!!!!!
Mir
Hi Don
Dit was lekker om weer met jou te kon "gesels". Was dit darem lekker by die krieket ten spyte van die lig stories? Het jy nog "handsigns" gekry? Stuur bietjie die fotos.
GP was heel interessant - Montoya het oor 'n manhole se deksel gery wat opgestaan het - safety car. Toe maak Karthkeyan 'n ongeluk - weer safety car. Fisichella het 'n drivethrough gekry - Ralph verby.
Maar die Renaults baie bly! Die arme Minardis het baie ongeluk gehad met hulle heel laaste race. Albers het in Michael vasgery oppad na die wegspring. Iewers in die race toe ry Michael van die pad af - tydens een van die safety car sessies - was maar sad!
Krieket - ook maar sad vir ons?
Hoe was Canberra?
Hoe gaan by die werk?
Verder gaan dit goed.
Mis jou
Mir
Liefie, jy laat my tjank.
LJBBBBBBBBBBBBBBBBBB en MJBBBBBBBBBBBBBBBBBB
Post a Comment
<< Home