Het ek julle al vertel van my filosofie dat "my" span altyd verloor as ék kyk? (wel mind you, hulle verloor ander tye ook, maar ALTYD as ek kyk). So Saterdag het ek toe besluit om nie 'n kans te vat nie en om nie eens naby 'n tievie of radio te wees nie, en was dus sielsaliggelukkig op 'n game drive terwyl die rugby aan die gang was, en kyk nou net wat gebeur toe die eerste keer in amper 3 dekades!!!
Ons het geen cheetahs op die game drive gesien nie, snaaks genoeg!
Dis weird, want ek het dieselfde filosofie. Nou wonder ek, Marlize, wat sou gebeur as ons spanne teen mekaar sou speeel, en ons sit albei en kyk?? Ek dink dis wanneer hulle seker gelykop speel?
Jislaaik, ek het nie geweet daar is so baie Cheeta ondersteuners in SA nie. Elke 2de persoon by wie jy verbyloop dra skielik 'n Cheeta trui of skree vir hulle. Dit laat mens net wonder, waar kom hulle almal nou skielik vandaan, of is dit dieselfde ouens wat vir die leeus skree as hulle die beker wen of vir die WP as hulle die beker wen??? Al wat ek weet is dat as die Bulle weer volgende jaar teen die Cheetas skree, koop ek twee kaartjies. Een vir my en een vir Marlize..... Don, Barend en ek (en 'n paar familielede) beplan om volgende maand na die GP Masters te gaan kyk. Sien nogal uit om vir Prost, Fittipaldi en vir ou dik Mansel te sien! Ai tog, as jy nou hier was .... Lekker dag, praat weer!
Die Blou Bul Lied (version 2005) (Met apologie aan Steve Hofmeyer)
Die Blou Bul wen nie in die final nie Die Blou Bul kry ook nie 'n los bal nie Die Blou Bul weet nie veel van rugby nie Nou vra jy my vir wie ek skree
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Ek skreeu nie Vrystaat nie (hoewel ek wil) Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
Wat van Morne Steyn, hy vang hom mis Wat van Jacques Cronje, hy't hom misgis En Wiekus Olivier, hy sien sy jis Nou vra jy my vir wie ek skreeu
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Ek skreeu nie Vrystaat nie (hoewel ek wil) Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
Die Blou Bul kom nie oor die doelyn nie Die Blou Bul wen nie sy eie lynstaan nie Die Blou Bul kan ook nie 'n bal vang nie Nou vra jy my vir wie ek skreeu
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Ek skreeu nie Vrystaat nie, (hoewel ek wil) Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
Wat van Fourie du Preez, hy kan net huil en Bakkies man, hy speel te vuil en die verdediging is gans te yl Nou vra jy my vir wie ek skreeu
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Ek skreeu nie Vrystaat nie (hoewel ek wil) Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
10 Comments:
Man dit was great!!!
Die Bulle is in 'n diep depressie!! Maar ek kry so lekker!! Vrystaat het regtig dit verdien!!
En ons het darem die Nzlanders met die krieket ook gewen in Bloemfontein - Justin Kemp het die ding gedoen!!
Mooi bly
Mir
Het ek julle al vertel van my filosofie dat "my" span altyd verloor as ék kyk? (wel mind you, hulle verloor ander tye ook, maar ALTYD as ek kyk). So Saterdag het ek toe besluit om nie 'n kans te vat nie en om nie eens naby 'n tievie of radio te wees nie, en was dus sielsaliggelukkig op 'n game drive terwyl die rugby aan die gang was, en kyk nou net wat gebeur toe die eerste keer in amper 3 dekades!!!
Ons het geen cheetahs op die game drive gesien nie, snaaks genoeg!
Dis weird, want ek het dieselfde filosofie. Nou wonder ek, Marlize, wat sou gebeur as ons spanne teen mekaar sou speeel, en ons sit albei en kyk?? Ek dink dis wanneer hulle seker gelykop speel?
Jislaaik, ek het nie geweet daar is so baie Cheeta ondersteuners in SA nie. Elke 2de persoon by wie jy verbyloop dra skielik 'n Cheeta trui of skree vir hulle. Dit laat mens net wonder, waar kom hulle almal nou skielik vandaan, of is dit dieselfde ouens wat vir die leeus skree as hulle die beker wen of vir die WP as hulle die beker wen???
Al wat ek weet is dat as die Bulle weer volgende jaar teen die Cheetas skree, koop ek twee kaartjies. Een vir my en een vir Marlize.....
Don, Barend en ek (en 'n paar familielede) beplan om volgende maand na die GP Masters te gaan kyk. Sien nogal uit om vir Prost, Fittipaldi en vir ou dik Mansel te sien! Ai tog, as jy nou hier was ....
Lekker dag, praat weer!
Hey Wils, wanneer is die GP Masters?
Whahahaha!! Willempie, jy sal maar sukkel om my op Loftus te kry.
Hmm, nou dat ek daaraan dink, Mir, wie ken almal daai Loftus grappie van jou, daai 'Loftus-is-'n-lekker-plek-grappie'?? {grin}
Die Blou Bul Lied (version 2005) (Met apologie aan Steve Hofmeyer)
Die Blou Bul wen nie in die final nie
Die Blou Bul kry ook nie 'n los bal nie
Die Blou Bul weet nie veel van rugby nie
Nou vra jy my vir wie ek skree
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Ek skreeu nie Vrystaat nie (hoewel ek wil)
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
Wat van Morne Steyn, hy vang hom mis
Wat van Jacques Cronje, hy't hom misgis
En Wiekus Olivier, hy sien sy jis
Nou vra jy my vir wie ek skreeu
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Ek skreeu nie Vrystaat nie (hoewel ek wil)
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
Die Blou Bul kom nie oor die doelyn nie
Die Blou Bul wen nie sy eie lynstaan nie
Die Blou Bul kan ook nie 'n bal vang nie
Nou vra jy my vir wie ek skreeu
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Ek skreeu nie Vrystaat nie, (hoewel ek wil)
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
Wat van Fourie du Preez, hy kan net huil
en Bakkies man, hy speel te vuil
en die verdediging is gans te yl
Nou vra jy my vir wie ek skreeu
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Ek skreeu nie Vrystaat nie (hoewel ek wil)
Ek skreeu nie Bulle nie, ek bly maar stil
Laat staan die final en die beker en die hele bleddie spul
(Gekry op 'n ander kol)
Marlize, ek het nooit gedink jy sal vir ons 'n rugby rympie opspoor nie! Wat is volgende? 'n Formula 1? :)
Ek ookie, dit het ongevraagd oor my pad gekom. Hmmm, rympie oor F1... methinks not ;-))
Jissie, waar's die res, hulle is net té stil...
Selfoon - Yskas?????
Post a Comment
<< Home