Idole...

Ek is nou nie juis 'n Idols fan nie, maar gisteraand is die Aussie Idol gekroon hier in Sydney. Hoekom noem ek dit? Wel, die kroning is "gekroon" met 'n vuurwerke vertoning. As julle dink dat alle vuurwerk vertonings dieselfde is, dink weer. My bek het oopgehang! Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien nie! En van waar ek bly, het ek die perfekte view point gehad. Die stad word letterlik verdwerg teen die vuurwerke. Dan sĂȘ hulle dat dit nie 'n patch is teen die nuwejaar vertoning nie. Ek reken dat hulle seker Afrika vir 'n jaar sal kan voer met die geld wat hulle mors op fireworks... in elk geval, dit was 'n show...


1 Comments:
Too bad jy gaan nie Nuwejaar daar wees nie!! {grin}
Post a Comment
<< Home