Wednesday, November 09, 2005

Rus en vrede...


Ek wou Maandag al hierdie stukkie skryf, maar my liggaam het geweier. Die bed was soos 'n magneet.
Ek kan in elk geval nie veel van Maandag onthou nie. Ek weet ek was in 'n vergadering, maar wat gesê of besluit is, is nou net 'n dowwe gemompel wat in my onderbewussyn plek soek om begrawe te word. RIP.
Ek weet ook dat ek gou inkopies vir die week by Woolies wou gaan doen. Daarvan het niks gekom nie. Ek wou ook gaan draf. Daarvan het minder gekom. Wat ek wel kan onthou, is dat ek lanklaas so lekker geslaap het. Ek het om 18:30 in my kamer ingestap, uitgetrek en op die bed neergeval. Dinsdag oggend het die alarm om 06:00 afgegaan. Dis al wat ek weet. 'n Aardbewing kon die brug laat omval het, of die Opera huis tot 'n bondel puin verminder het, ek sou nie wakker geword het nie. Dit was diep en dit was salig.

Natuurlik is dit te danke aan Johann se besoek.
Ons het besluit om so min as moontlik van die naweek se beskikbare tyd te vermors. Dus het ons vir ons 'n kar gehuur, en gery en fotos geneem, en gery, en fotos geneem, en gery, en fotos geneem...
Ons het Vrydag laat middag eers by Bondi gestop. Daarna is ons deur Coggee toe. Toe vertel Johann van 'n begrafplaas wat hy tydens sy vorige besoek ontdek het. Daar het ons amper 3 ure spandeer, dit is net so 'n mooi en atmosferiese plek. Om middernag was ons nog steeds besig om fotos daar te neem. Natuurlik het Johann ook sy sports met my gehad, deur my so skrik te maak dat ek amper myself bek%k het. Ons het so met die foto nemery mekaar verloor, waarna ek hom begin soek het. Na sowat 5 minute se gesoek in 'n begrafplaas om middernag, dan begin jou verbeelding allerhande beelde en stories opdis. Al wat ek kon hoor is die gesuis van die wind deur die bloekom bome, en die branders soos hulle breek op die stand in die vêrte. Johann het agter een van die grafstene vir my lê en inwag. Nou ja, die gevolg daarvan was 'n klomp Afrikaanse swets woorde!
Maar dit was als die moeite werd, want beide ek en Johann het 'n paar goeie fotos daar geneem.

Om 2 uur daai oggend het ons eers in die bed gekom, net om 4:30 weer op te staan en terug Coggee toe te gaan vir nog fotos. Die was reënerig, maar ons het die beste gemaak van die situasie. Johann het meer inspirasie as ek gekry en 'n paar wen fotos van die see by Coggee geneem. Ek dink ek het nog aan die skok van die vorige aand gely.

Daarna is ons na die Royal National Park toe. Behalwe vir die ongerepte natuurskoon en ongelooflike foto geleenthede, was daar ook ander oomblikke van samesyn. Heerlike koue gemmerbier, beer-shandy onder die bloekom bome, en fish en chips by 'n plek met die naam van Bungeree. Ons moes in die kar eet, want die vlieë was in hulle miljoene daar om ons te help eet. En dan ons soektog na die goedkoopste brandstof om vol te maak voor ons in Sydney aankom.

Sondag oggend is ons vroeg lughawe toe om vir Johann te gaan aflaai vir die lang vlug huistoe. Daar het ek die kar gelos en die trein gesoek wat my na die A1 Grand Prix toe sou vat. Natuurlik het ek vergeet dat my "Travelpass" kaartjie nie by die lughawe stasie werk nie. Ek het geweier om $10 te betaal vir 'n passthrough, so ek moes die bus Bondi Junction toe vat, en dan van daar af die trein Blacktown toe. Na 'n lang trein en bus rit ek ek uiteindelik by die Eastern Creek Raceway aangekom.
A1 het nog nie die glamour van F1 nie, so alless is baie meer informeel. Daar was ook nie soveel mense nie, so ek kon sit waar ek wil.
Ek het die ongeluk van die Japanese drywer gesien gebeur. Gelukkig was hy OK.

Sondag aand was ek poot-uit. Ek is reguit bed toe, moeg maar siels gelukkig. Ek het gou aan die slaap geraak, maar nie voor ek eers nog 'n dag op die kalender uitgekrap het nie...


Kyk gerus na Johann se prag fotos wat hy tydens die naweek geneem het hier



7 Comments:

At Wednesday, November 09, 2005 6:35:00 PM, Blogger Johann said...

So wil jy vir my vertel dat my moegheid van Sondag aand nie aan jetlag toegeskryf kan word nie, of het ons uitstappie jou sommer totaal in 'n ander tydsone geplaas? Ek sal nog lank die naweek onthou. Na die tyd wens ek ons het nog 'n paar uur probeer indruk, maar die menslike liggaam kan klaarblyklik ook net soveel verduur. Ek het my blog ook opgedateer met 'n paar fotos en kommentaar. Kyk gerus hier daarna.

Johann

 
At Thursday, November 10, 2005 3:12:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Ek kry so private "chukkle" elke keer as ek dink aan jou en `n begrafplaas met `n boertjie spook. Johann het ook die storie vertel. Ons het gewonder of jou weergawe gaan ooreenstem. Dit het darem. Ek wens ek was daar.

Dankie vir my geskenkies. My eerste woorde toe ek dit gesien het was: "My man ken my darem."

Wel terug in boring SA skryf ek eksamen, ek sal eerder my toonnaels met `n tang uittrek. (`n Baie skrikwekkende Johann storie, hy doen dit actually.)Maar eintlik is dit nie snaaks, ek moes weer toonnaels uitsny. Tiaan was lus vir sny toe haal hy sommer `n moesie ook uit. Ek was OK die hele tyd maar toe ek dit GAT in my arm sien pass ek uit. (regtig)

Dankie vir die mooi foto`s (nie die girls nie), maar jy moet seker iets insit vir jou mans pelle. Willem?

Sit bietjie van die ander op. Johann se foto`s is gourgeous.

Wel, laat ek maar verder swot. Ek skryf more Nanna se vak en gaan in diep "nonsens" wees as ek nie goed doen nie.

LJBBBBBB en MJMMMMMMM

 
At Wednesday, November 16, 2005 2:53:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hey Don, nie dat ek regtig omgee nie, maar net uit nuuskierigheid, waarvoor staan die 'A' van A1?
;-)

Hey, en dis vandag nog net ses weke!!
(mens sou sweer ék tel die slapies ;-))

 
At Thursday, November 17, 2005 4:25:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Dankie Marlize. Waar is die res? Skryf almal eksamen en merk vraestelle? Boring, dankie tog dit gaan ook verby.

Liefie jy moet ook maar swot, jy mag nie te veel swot as jy hier is nie.

Ek het vandag liggies op gesit in die eetkamer venster. Dis LED`s (Marlize: Dis Light Emitting Diodes, hulle eintlike funksie is om aan te dui dat `n stroom voltooi is, maar hulle maak ook cute liggies.) Sorry, ek weet "get a life".

Die boom is nog nie versier nie, want ek sal hom maar gaan opsit by die Nelle siende dat ons `n paar parties daar gaan hou, Kersfees saam met die Gerritze, pre-kersfees saam met vrinne, kersfees(Dis die boring een) en Don kersfees (Dit gaan die lekker een wees, no offence teen die ander maar julle sal verstaan.)

Wel, ek jaag nou aan, ek moet leer en klaar kry. More oggend is die laaste een. Dankie tog.

PS: Bring baie geskenke saam ek het nou eers `n voorsmakie gekry. (Grappie)
LJMBBBBBBBB

 
At Thursday, November 17, 2005 4:26:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Weer ek, sit nou jou foto`s op.

 
At Thursday, November 17, 2005 5:15:00 AM, Blogger D said...

Marlize
Die verskil tussen A1 en F1 is dat A1 'n wedren tussen lande, en nie drywers is nie. In F1 is dit Schumie teen Kimi teen Alonso ens. ens.
Dit is hoekom hulle A1 die "World Cup of Motorsport" noem, want dit is land teen land, soos in wereld rugby, krieket ens.
Soos ek verstaan, verteenwoordig die "A" meeste van die kontinente. Meeste kontinente se name begin met A: Afrika, America, Australie, Asie, Antartika. Die nommer een is natuurlik vanselfsprekend.
Sorry, ek weet dis lame, maar nou ja.

Omtrent my fotos, ek kry net nie tyd nie. Nie dat ek vreeslik besig is nie, maar ek sal die naweek 'n effort insit. Sorry man!

Nien
Ek is bly jy sit die liggies op. Is dit van daai wat jy nog altyd gesoek het?
Julle moet julle self nou nie moeg party voor ek daar aankom nie. Ek wil tenminste ook 'n party of twee he.

 
At Thursday, November 17, 2005 6:10:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hmm ja, lyk my dis net ons driekies hier.

Thanks Don, dit was nogal interessant. Jy kon my enigiets vertel het en ek sou jou waarskynlik geglo het (miskien hét jy!)

En Nien, dankie vir die LED brokkie useless information ;-)) Miskien kom dit eendag handig te pas, maar dan sal ek dit 10 @ 1 in elk geval nie kan onthou nie. Bly om te hoor jou eksamen is amper klaar. En ek wil nog steeds jou pop-up sien!! ;-)

 

Post a Comment

<< Home