Tuesday, November 01, 2005

Pêrre reisies...en geskenkies van die huis af...

Ek was regtig bly om Johann Saterdag middag by sy hotel te gaan ontmoet. Hy't my 'n stywe omhelsing gegee, spesiaal van Nien af.
Ek moes hard sluk om die trane te keer toe Johann vir my my geskenk pakkie van die huis af gee.
Ons het heerlik gesit en gesels oor alles en nog meer, en toe Sydney gaan plat loop op soek na foto geelenthede. Oor 'n koppie Latte en karamel kaaskoek take-away het ek en Johann 3 maande se verlore tyd opgemaak.
Ek het met die ferry terug gery huis toe, en almal se briefies 3 of 4 keer oor gelees. Daai aand het ek dankie gesê vir goeie vriende en familie, en geweet dat ek die gelukkigste man op aarde is om 'n vrou soos Nien te hê.
Sondag aand het Johann vir ons heerlike lasagne gaar gemaak, en ons het salig daaraan gesmul terwyl ons fotos sit en kyk het. Ek is so laat daar weg, dat ek alle vorme van publieke vervoer verpas het. Die taxi het my 'n goeie $20 gekos terug huis toe, maar ek het dit met 'n glimlag betaal. Goeie geselskap het geen prys nie...

Vandag is dit die Melbourne Cup pêrre reisies. Hoekom is dit belangrik? Wel, die hele Australie kom tot 'n stilstand vir 4 minute, en in Melbourne is dit 'n publieke vakansie dag.
Omdat almal 'n ou geldtjie op die pêrre sit, het ek maar besluit om my geluk te probeer en dieselfde te doen. Ek het mos hoeka pêrre gespeel toe ek jonger was, en met daai kennis het ek my keuse gemaak.
Twee perde het my oog gevang: "On a Jeune" en "Umbula". Umbula klink net soos iets uit Afrika uit, so dit was 'n natuurlike keuse. On a Juene [uitgespreek On a Dune] was een van die buite perde. Ek het $5 op elk gesit vir 'n plek.
Umbula het te vroeg voor gehardloop, en uitgesak.
On a Jeune het tot almal se verbasing 2de gekom, en as daar nog 30m was, dalk gewen.
Elk geval, ek is vandag $100 ryker! Nie sleg vir 'n beginner nie, of wat sê ek?

Vanaand gaan ek en Johann rondloop en fotos neem in die stad. Dis redelik bewolk, wat vir beter fotos maak [in my opinie].

6 Comments:

At Tuesday, November 01, 2005 5:40:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Hi my man. Vra vir Johan of hy my ook gaan druk as hy terugkom. Hy is maar ons druk middelman. Was jy nie eerder lus vir Babotie nie? Ek hoop my Ma se geskenk pas.

Vir die wat nie weet nie: Die tradisie is dat my Ma vir Donovan onderbroeke koop vir sy verjaarsdag en kersfees, want sy weet nooit wat om vir hom te koop nie. En ja, dit is wat hy weer gekry het al die pad uit Afrika.

LJBBBBBBBBBBBBBBBBB en MJMMMMMMMMMMMMMMMMMM

 
At Tuesday, November 01, 2005 8:29:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Nou hoekom wonder jy of dit pas? Sy moet seker teen dié tyd sy size ken? {frons confused} En ek hoop daar's ten minste één van die groot vyf op die Afrika onderbroeke?!?
;-))

Oi, ek hoop Johann bring vir jou 'n klômp drukke (én soene ;-) saam terug!

 
At Wednesday, November 02, 2005 1:22:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Hi Don

Ja nee jong al die persente en briewe is maar met 'n knop in die keel gestuur! Is bly jy kan darem nou lekker met Johan kuier!!

Wat sê jy van die t-shirt - die klpdrift plakkate by aardklop was ongelooflik skerp - Doris het die goed van die mure afgesteel met ma se hulp voor die polisie om vir haar ekonomie klasse te gebruik.

Dit bly dêm warm hier - bid so hard vir reen. Het nogal gesien van die Melbourne pêrre-resies op die nuus - 100$ nie te versmaai nie nê!

Pa verjaar mos nou Sondag - Nien het seker vertel - maar al die familie van tot Smithfield kom - ons gaan moeg wees!! - jy moet kom stoepe was hoor!! - Dink aan ons!!

Nou ja soet wees vir eers!

Liefde

Mir

 
At Thursday, November 03, 2005 2:56:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Marlize,

Ek weet nie of hy maerder of dikker geword het nie, en nee dit is standaard Woolworths katoen, maar nou weet jy wat om vir hom te koop vir kersfees/verjaarsdag.

PS: Lief jou my man.

 
At Thursday, November 03, 2005 4:28:00 PM, Anonymous Anonymous said...

Wat?? Standaard Woolworths katoen onderbroeke sônder 'n prentjie van een van die grôôt vYf?? Whahaha, nou hoe moet ék sy size weet as jy dit nie weet nie?? ;-))

Nee hoor, vir Don sal ek maar by my standaard Kalahari voucher bly. As hy dit kan regkry om dit by Woolies ook te gebruik, is dit fine by me.

Maar van die os op die ketel, die wat almal eksamen skryf, ek dink aan julle. En haal my kêps tweemaal vir julle af!

 
At Friday, November 04, 2005 11:24:00 AM, Blogger D said...

Praat van onderbroeke. Ek het vir my 2 medium sized onderbroeke hier in Aus gekoop. Tot my skok het ek besef dat medium in Aus is dieselfde as small in SA. Die goed sit soos g-strings aan my. Miskien is dit net die tipe maak. Elkgeval, go figure... :)

Voorspoed met die stoep was vir Sondag! Geniet dit hoor. En stuur groete...

 

Post a Comment

<< Home