SOCCEROOS!
Ek weet ek klink seker soos 'n veraaier, maar ek het in die land se vreugde gedeel toe die Australiese sokker span, die Socceroos, deur gedring het na volgende jaar Junie se sokker wêreld beker eindstryd in Duitsland deur vir Uruguay te wen. Ek en my vriend sou die wedstryd bygewoon het, maar 80 000 kaartjies is uitverkoop binne 20 minute. Daar was kaartjies beskikbaar teen $150, maar ons was net nie bereid om dit te betaal nie. Vanoggend het ons saam gestem dat ons maar die geld moes betaal het. Die atmosfeer was elektries en die strate was vol vreugde en blydskap gestraand.Ek weet ook dat julle nou nie veel in sokker belangstel nie [veral nie Aussie sokker nie], maar dit was 'n goeie wedstryd, wat in die einde deur 'penalties' bepaal moes word.
Anyway, dog ek sou julle maar net inlig...


2 Comments:
Marlize, hoe lank nog?
Supply and demand...
Ek het maar 'n countdown klok op die blog gesit, sodat ons dit kan dophou net soos 'n space shuttle lanseering.
Ongelukkig het dit my wêreld tydsone klok se kop deurmekaar gekrap, en ek is nie eintlik lus om dit te troubleshoot nie. Solank die countdown werk...
Post a Comment
<< Home